domboer
Dom Boer se lag vir die dag:
Stomme man Is die storie waar wat hulle my vertel van die Wes-Transvaalse boer wat aangekla is van kindermishandeling? Hy het sy plaas aan sy seun bemaak.
Dom Boer se lag vir die dag:
Wees dankbaar Barrie: “Meneer, ek dink darem nie ek het dit verdien om nul te kry vir my spellingtoets nie.” Goeie onderwyser: “Ja, ek dink ook nie so nie, maar ons word nie toegelaat om ‘n laer punt as nul te gee nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Naar maar waar Skoert Kerm: “Ek het my stem en sangtalent vir R5-miljoen verseker.” Musiekkenner: “En het hulle toe uitbetaal?”
Dom Boer se lag vir die dag:
Flinkdink ‘n Onbeskofte Nat val oom Jaap in die rede tydens ‘n toespraak: “Ek sal nie vir jou stem nie, al was jy ook die engel Gabriël!” Oom Jaap: “As ek die engel Gabriël was, sou jy nie in my kiesafdeling gewoon het nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Vraag en aanbod Hennie: “Dag ou Leon, ek hoor jy was in die hospitaal. Waarvoor het dokter Koelenbloede jou geopereer?” Leon: “Vir twintigduisend rand.” Hennie: “Maar wat het jy gehad?” Leon: “Twintigduisend rand.”