diervoeding
KK Animal Nutrition was my ruggraat deur die droogte
Staalstreng bestuur en KK Animal Nutrition was die twee troefkaarte in Louis van Rensburg buite Sannieshof se pakkie om die afgelope drie jaar se droogte uit te stof. In die hitte van die stryd kon hy sy Bonsmaras se ruvoer aanvul met gebrekkige kuilvoer van mielies wat nie geskik was vir oes nie, gemaalde mielieblare, en selfs die padreste langs sy plaas, maar KK Animal Nutrition se grondstowwe het gesorg dat sy beeste kondisie behou.