Cosatu
ANC en Cosatu speel politiek met uitsettingskwessie
“Die Wes-Kaapse regering stem saam met Cosatu dat onwettige uitsettings veroordeel moet word. Daar is baie duidelike wette wat gevolg moet word in uitsettingsprosesse, hetsy op 'n plaas of op enige ander eiendom in Suid-Afrika,†sê mnr Alan Winde, minister van Ekonomiese Geleenthede in die Wes-Kaap, na 'n mediakonferensie wat gister deur Cosatu en die ANC gelei is.