ANC en Cosatu speel politiek met uitsettingskwessie
Foto: westerncape.gov.za
“Die Wes-Kaapse regering stem saam met Cosatu dat onwettige uitsettings veroordeel moet word. Daar is baie duidelike wette wat gevolg moet word in uitsettingsprosesse, hetsy op ‘n plaas of op enige ander eiendom in Suid-Afrika,” sê mnr Alan Winde, minister van Ekonomiese Geleenthede in die Wes-Kaap, na ‘n mediakonferensie wat gister deur Cosatu en die ANC gelei is.
“Ons staan ​​ook saam met Cosatu en sy verwante organisasies in die Nasionale Ontwikkelingsplan se aanbeveling dat grondhervorming geïmplementeer word. Dit is ons doel om beide die tempo en omvang van hervorming in hierdie sektor te verhoog. In die Wes-Kaap maak ons vordering hiermee, en ons sien uit na die loodsing van ‘n paar projekte in die nabye toekoms wat gebaseer is op die NDP se model. Die landbousektor het ook uitgereik na toepaslike partye in sy verbintenis tot grondhervorming. Ons is goed geplaas om in hierdie verband leiding te gee as die provinsie wat reeds die beste grondhervormingsuksesse in die land getoon het. Ons doen ’n beroep op die nasionale regering om saam te werk met ons doel om grondhervorming en regstelling in ons streek te bespoedig,” sê hy.
Mnr Winde dui daarop dat daar onaanvaarbare veralgemening deur hierdie liggame gebruik word, veral in die afwesigheid van enige betroubare syfers wat voorsien word om hulle eise te rugsteun. Hy sê ook dat dat die bogenoemde liggame soos hulle gewone taktiek maar is, gekies het om hierdie probleem polities te speel, in wat na ‘n poging lyk om omstredenheid in die landbousektor te stook.
“Hulle het dit gedoen ten spyte daarvan dat daar verskeie meganismes tot hulle beskikking is waardeur dit moontlik is om betrokke te raak om werklike oplossings vir plaaswerkerkwessies te vind. Die feit dat geen bewyse van ‘n toename in uitsettings met ons gedeel is nie het, is ’n grondige rede vir besorgdheid, en ek het ‘n beroep op Cosatu gedoen om spesifieke getuienis in my kantoor aan my voor te lê, sodat ek dit met die nasionale regering kan opneem.”
Na aanleiding van die Grondhervormingsberaad wat in September deur die departement gehou is, het mnr Winde sy kommer rondom hierdie saak aan die adjunkminister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Mcebisi Skwatsha, uitgespreek en inligting aangevra oor alle aangemelde gevalle van onwettige uitsettings. Hy het aangedui dat hy nog geen terugvoer ontvang nie.
“Ten einde die probleem van uitsettings aan te spreek, moet ons die korrekte syfers en feite op die tafel hê. Dit sluit die getalle van alle uitsettings, stedelik en landelik, in elke provinsie in. Ek sal weer versoek dat die nasionale departement in beheer van grondhervorming hierdie syfers vir my stuur.
“In die interim, wil ek graag ‘n beroep op Cosatu en die ANC doen om op ‘n verantwoordelike wyse in hierdie saak betrokke te raak wat nie ons landbousektor sal destabiliseer nie. Saam kan ons vorentoe ‘n beter pad stap wat nie ’n gevaar nie, maar nuwe boere en werk in hierdie sektor sal skep,” sê hy.