Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 29th September 2025

Swaardiens en slim ontwerp: Agri Afrika se Legend CB30K maak oeswerk lig

By 2 min read
395 words

IMG_5894

Doons Le Roux van Duivenhoks Diesel Diens voor die Legend CB30K tapkar.

Tydens NAMPO Kaap 2025 het Agri Afrika gewys waarom hulle Legend tapkarre as van die mees betroubare en doeltreffende graanhanteringsoplossings in die bedryf beskou word. As AgriCad se verskaffer in die Overberg en Suid-Kaap was dit vir Doons Le Roux van Duivenhoks Diesel Diens in Heidelberg ’n voorreg om die CB30K tapkar op die AFRIT stalletjie uit te stal.

Hy het vir die skou die standaardmodel saamgeneem, wat nie net indrukwekkend lyk nie, maar ook met tegniese finesse en praktiese robuustheid spog.

Die CB30K het ‘n uitpompvermoë van 30 000 liter in net 2,1 minute. Hierdie spoed word moontlik gemaak deur die enkel 475 mm awegaar – ’n slim ontwerpkeuse wat nie net die uitlaaityd versnel nie, maar ook die meganiese kompleksiteit verminder. Geen kettings, katrolle of rieme nie – net ’n direkte aandrywing met ’n swaardiens dryflyn wat die kragbehoefte verminder en die trekker se trekstang beskerm.

Doons het met trots verduidelik dat die CB30K standaard met ’n verstelbare 50 ton as kom, ideaal vir skuinstes. Die groot bande en verstelbare onderstel dra verder by tot die kar se stabiliteit en aanpasbaarheid.

Wat die konstruksie betref, is die CB30K saamgestel uit Domex-staalpanele wat aanmekaar gebout is. Anders as gesweisde tapkarre wat dikwels krake ontwikkel, laat hierdie ontwerp toe dat die kar beweeg sonder dat die struktuur kraak. Domex-staal is merkbaar sterker as gewone staal, wat die kar se lewensduur en betroubaarheid verhoog. ’n Belangrike faktor vir boere wat afhanklik is van hul toerusting tydens die intensiewe oestyd.

Die opsionele oprol-seil is nog ’n praktiese kenmerk. In gevalle waar die kar moet oorstaan op die land, of wanneer ’n reenbui onverwags toesak, bied die seil beskerming teen die elemente. Dit rol maklik oop en toe, sonder gesukkel, en is beskikbaar op al drie groottes, die 23 000 liter, 30 000 liter en 40 000 liter.

Die CB30K se slim ontwerp vir GRAVITY FLOW is ‘n unieke tenkstruktuur wat korrelbrugvorming voorkom en ’n skoon, volledige uitlaai verseker. Die opening vir laai selle is reeds op die as ingeboor, wat installasie vinnig en eenvoudig maak.

In geheel is die Legend CB30K nie net ’n tapkar nie – dis ’n beleggingsstuk in produktiwiteit, betroubaarheid en slim ontwerp.

Indien jy jou hande op ‘n Legend tapkar wil kry kan jy Agri Afrika skakel by 086-111-3692 of hulle webtuiste besoek by www.agriafrika.co.za. Jy kan ook met Doons in kontak kom by doonsleroux@lantic.net.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0