Categories: NuusPublished On: 30th November 2021

Stygende werkloosheid erodeer ons mense se waardigheid

By 2 min read

Werkloosheid-Jean650x400

Nog ‘n terugslag vir die Suid-Afrikaanse arbeidsmark met die werkloosheidsyfer wat op sy hoogste tans is sedert die instelling van die Kwartaallikse Arbeidsmagopname (QLFS) in 2008.

In die jongste opname vir die derde kwartaal van 2021 het resultate ‘n toename in die werkloosheidkoers tot 34,9% getoon met die uitgebreide definisie van werkloosheid wat tot 46,6% toegeneem het. Dit word geïllustreer deur die afname in die aantal werkende persone tot 14,3 miljoen.

Die aantal persone wat om ander redes as moedeloosheid nie ekonomies aktief was nie, het tussen die twee kwartale met 443 000 toegeneem wat neerkom op ‘n netto toename van 988 000 in die nie-ekonomies aktiewe bevolking. Die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng het die hoogste afname in indiensneming aangeteken, met Gauteng voor in die ry met ‘n afname van 200 092 in indiensneming tussen Kwartaal 2 en 3.

Dit is egter nie net slegte nuus nie, aangesien geskoolde landbou-indiensneming met 18 000 vanaf 45 000 tot 63 000 tussen die twee kwartale toegeneem het met algehele indiensneming wat met 21 000 jaar op jaar gestyg het. Die Wes-Kaap se landbousektor het met 12 000 werke toegeneem en volg op die Oos-Kaap met ‘n toename van 25 000 werke. In teenstelling met Kwartaal 2, het die landbousektor ‘n afname in indiensneming met 32 000 werksgeleenthede aangeteken, met KwaZulu-Natal en Limpopo met die hoogste aantal werkverliese.

“Stygende werkloosheid is die grootste drywer van armoede in Suid-Afrika. Dit hou nie net ‘n bedreiging in vir maatskaplike stabiliteit in ons land nie, maar dit erodeer ook die waardigheid van diegene wat sukkel om werk te kry en wat nie in staat is om hulself en hul gesinne te voed nie. Waardigheid is een van die grondwaardes van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Dit is gekoppel aan ‘n persoon se waardigheid, selfagting, selfrespek en begeerte om ten goede bo armoede uit te styg”, sê Christo van der Rheede, Uitvoerende Hoof van Agri SA.

Die hoë vlakke van werkloosheid veral onder volwassenes en jongmense het krisisvlakke bereik wat dringend aangespreek moet word. ’n Gesamentlike poging deur sakeondernemings, die regering, die burgerlike samelewing en ander belanghebbendes word nou vereis om ’n gunstige omgewing te skep vir besighede in alle ekonomiese sektore om te groei en meer werk te skep.

Bron: Agri SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0