Stof jou vellies af en gryp jou beursie vir vanjaar se ongelooflike TXL Bovelder aanbieding te Vivo
TXL Thumbnails
TXL Bovelder was een van die eerste kuddes wat in 1994 in die Limpopo-streek geteel is. Hierdie Bovelders is dik, geharde en fenomenale aanpasbare bulle wat loop op strawwe hartwater, rooiwater en galsiekte gebied. Hierdie bulle is nie net ‘n bederf vir die oog nie, maar funksioneel, volhoubaar en ‘n aanwins vir enige kudde.
Dagboek 21 September 2023 om 11:00 vir TXL Bolvelder se 16de produksieveiling te Vivo, Limpopo.
Op aanbod:
- 25 Streng gekeurde bulle
- 60 top genetika Bovelder vroulike diere
* Alle bulle negatief getoets vir dubbelbespiering: nt821, Q204X, F94L.
* Diere loop op strawwe hartwater, rooiwater en galsiekte veld.
* Gratis vervoer tot Harrismith
Navrae:
Francois Uijs (Bemarker) by +27 83 627 6835
Sors Snyman (Afslaer) by +27 72 841 7262
Vleissentraal Bosveld / Vivo by +27 15 491 3141
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com