Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 18th June 2018

Stihl maak batterykrag ’n gerieflike werklikheid

By 3 min read
543 words
stihl

stihl 1

Eloise Taylor gebruik die veerligte Stihl MSA200-kettingsaag om ’n bloekomstomp blitsig deur te saag.

Handmasjinerie speel ’n belangrike rol op die plaas en Stihl verstaan dat ’n boer na gehalte en langlewendheid soek. Hulle het oor baie jare ’n goed gevestigde landbou-buitelugafdeling opgebou en is wêreldbekend vir hulle gehalte gereedskap. Stihl het altyd hulle gereedskap met elektrisiteit en petrol aangedryf, maar die jongste neiging is om dit met batterykrag te laat werk. Die jongste verwikkeling is om die tegnologies gevorderde litiumioon-batterye in te span wat 18 tot 36 volt lewer.

Stihl is aan die voorpunt van hierdie tegnologie en bied reeds 26 batteryaangedrewe modelle net in hulle Professionele reeks aan.

Batterye bied heelwat bykomende voordele vir die boer. Met genoeg batterye en batterykrag is dit nou moontlik om vir lang tye sonder veel ondersteuning op verafgeleë plekke op die plaas te werk. Batterye is ook veel ligter as elektriese motors of enjins, sodat ’n werker met baie meer ywer sy take sal voltooi. Die stygende petrolprys en giftige uitlaatgasse is ook nou iets van die verlede. ’n Boer kan ook verseker wees dat ’n batteryaangedrewe masjien baie minder dienste benodig.

Stihl het drie reekse battery-aangedrewe produkte. Die Lithium-ion, die Lithium-ion COMPACT vir huishoudelike gebruikers en die Lithium-ion PRO-reeks vir professionele persone. Die 26 verskillende produkte in die PRO-reeks wat jy met dieselfde battery kan aandryf sluit grassnyers, blasers, heining-snoeiers, kettingsae, kantsnoeiers, bossiesnyers en afsnysae in.

Vir die gewone, kort takies sal ’n kleiner battery voldoende wees, maar vir heeldagwerk kan jy ’n rugsakbattery dra wat gerieflik sit en maklik aan die toestel koppel,” sê Werner Nuss, Stihl se sake-ontwikkelingsbestuurder vir Landbou.

Die batterye verloor ook gladnie krag soos dit afloop terwyl hulle hulle take verrig nie. Aan die einde van die siklus word dit dadelik pap sodat dit gereed is vir laai.

stihl

Stephen Harris, streeksverkoopsbestuurder Oos-Kaap; Nadine Green, bemarkingsbestuurder; en Werner Nuss, sake-ontwikkelingsbestuurder vir Landbou, tussen Stihl se splinternuwe battery-aangedrewe grassnyers.

Grassnyers sonder koord of enjin

“Ons jongste batterygrassnyers is die RMA 460 vir huishoudelike gebruik in kleiner takies rondom die huis. Die RMA 510 het ’n langer asem en is uiters geskik vir kontrakteurs wat professionele take verrig. Dit bied ook ’n langer werkstyd en kan vir 25 tot 30 minute aaneenlopend werk,” sê Nadine Green, bemarkingsbestuurder van Stihl.

Blasers help met vuur en opruim.

Stihl se petrol-rugsakblasers oorheers die brandbestrydingsmark. Dit sit gemaklik op die rug en die handvatsel bo-op die blaaspyp bied ’n gerieflike greep vir die operateur. Die blasers in die reeks wissel van klein tot groot en is geskik vir klein, huishoudelike aanwendings, soos om blare bymekaar te blaas, tot groot en belangrike take, soos om brandbestuur saam met ander toerusting in bosbou en landbou toe te pas.

Petrol en batterykettingsae is ewe sterk

Die MSA 200 batteryaangedrewe kettingsaag is die grootste in die Lithium-ion PRO-reeks en kou deur ’n stomp dat daar net saagsels spat. Die batterye gee dieselfde werksverrigting as ’n petrolmodel. Die professionele reeks het borsellose motors wat dit minder onderhoudsafhanklik maak, terwyl dit liggewig en maklik is om te hanteer. Jy druk net die battery in en daar gaan jy!

Kontak Werner Nuss by 033-846-3800 om meer van Stihl se nuwerwetse en gevestigde staatmakerprodukte uit te vind.

stihl

Stihl het netjies en trots hulle gevorderde batterye van verskillende groottes en sterktes by NAMPO uitgestal.

stihl

Werner Nuss wys hoe hy met ’n Stihl-blaser ’n baksteen kan wegblaas.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0