Categories: NewsPublished On: 6th September 2017

Sterk bokhaarpryse styg

By 1 min read
106 words

Angora+Goat

Pryse van veral sterk grootbokhaar het verbetering getoon op die tweede veiling van die winter verkoopseisoen ondanks ‘n sterker geldeenheid.

Die Rand het met 2,6% verstewig teenoor die Amerikaanse Doller in vergeleke met die vorige veiling en het teen R12,94 verhandel. Goeie kompetisie was ontvang van al die kopershuise.

Die gemiddelde markaanwyser het 1,7% duurder gesluit op R191,44/kg. Die gemiddelde prys van winter kleinbokkiehaar het met 1,7% gedaal na R263,88/kg terwyl jongbokhaar 1,9% duurder verhandel is teen R217,74/kg. Fyn grootbokhaar was 2,0% duurder op R203,29/kg en sterk grootbokhaar was 3,7% duurder verhandel op R191,19/kg.

Die volgende veiling van die winter verkoopseisoen is geskeduleer vir 26 September 2017.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0