Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 13th July 2026

Steinberg Beefmasters kry kopers van heinde en verre by hulle jaarlikse produksieveiling

By 1 min read
141 words

SS23

Kopers en belangstellendes in ‘n 200 km-radius tot uit die VSA het Steinberg Beefmasters se jaarlikse produksieveiling en aanlyn op Dinsdag 7 Julie 2026 om 11:00 op Mooiplaas, Hendrina, bygewoon. Top gehalte diere is aangebied.

Die duurste bul op die veiling (Lot 4: SS23-090) wat ‘n besonderse bul is met ‘n mooi kop, vel- en haar is verkoop vir R120 000 deur Danie de Beer. Kyk weer na die mooi bul

Die gemiddelde prys vir geregistreerde bulle was R71 429 en kommersiële bulle was R53 000. Kommersiële koeie met kalwers se gemiddeld was R20 923.

Die ras se vermoë om sterk speenkalwers, goeie groei en mak temperament te kombineer, bied ’n praktiese oplossing vir veeboere wat op prestasie en volhoubaarheid fokus.

Dankie aan alle kopers wat die dag suksesvol gemaak het, asook MEERKAT aanlynveilings en die BKB-span. Mag die SS genetika julle kuddes laat blom!

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0