Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 24th May 2024

Staatmaker Senter 360 spilpunte wys hulle staal by NAMPO 2024: Daar’s water!

By 3 min read
600 words

20240515_110430

Water is lewe en die verstandige manier om water toe te dien is met ‘n Senter 360-spilpunt.

Talle wyse besproeiingsboere reken op Senter 360 se spilpunte om voorspelbare goeie oeste te behaal, en ook geen wonder nie, want Senter se strewe is: Gehalte waarop jy kan reken teen ’n prys wat jy kan bekostig.

Theuns Dreyer, besturende direkteur van Senter 360, vertel meer: “Ons is ‘n private maatskappy wat ‘n unieke nismark in die besproeiingsbedryf het. Ons probeer ons nis werklik uitbrei in terme van baie hoë en goeie gehalte teenoor ‘n baie bekostigbare prys.

Senter 360 is steeds trots Suid-Afrikaans en ’n gewilde staatmaker onder besproeiingsboere, maar daar word voortdurend nuwe maniere uitgedink om boere nog beter te dien.

“Ons luister graag na ons klante en daarom is ons produkspesialiteit binne die besigheid ook van uiterse belang. Alles wat ons doen, van die wiele, na die bande, na die sprinkelpakkette na kleiner aspekte waarna ons kyk moet in die belang van ons boere en klante wees,” sê Theuns by.

“Ons luister graag na klante. Ons hou van die interaksie en die skakeling met ons boere, en dit is die dinge wat ‘n verskil maak in ons besigheid.”

Theuns Dreyer, besturende direkteur van Senter 360, hou daarvan om met boere te praat om te verseker dat hulle spilpunte altyd presies is wat die boer nodig het.

Theuns lig die unieke eienskappe van Senter 360 se spilpunte uit

“Ons het met die hulp van ons vervaardigers ‘n doelgemaakte band ontwerp, wat letterlik twee derdes minder wielspore loop as ‘n standaard trekkerband. Hierdie bande is na intensiewe navorsing oor bandtegnologie vir spilpunte vir plaaslike toestande ontwikkel. Dit is heeltemal anders as trekkerbande en die ontwerp is spesiaal vir die uiterste nat toestande onder ’n spilpunt ontwikkel. Hoewel die bande op die oog af baie soos trekkerbande lyk, verskil die konstruksie.”

Hy voeg by: “Die struktuur van ons spilpunte wat van pyp gemaak is teenoor hoekyster gee vir ons ‘n gewigsvoordeel met ‘n ligter span, maar baie meer stutte op die lengte van die span. So, die meer stutte gee die sterkte en die minder gewig dra by tot ‘n sterker struktuur.”

Senter 360 boet nie in wanneer dit kom by die spilpunte se sprinkelpakkette nie. Hulle gebruik slegs die beste en mees doeltreffende sprinkelaars op die mark.

“Op ‘n hoekysterstruktuur gebeur dit soms dat wanneer die spilpunt wind kry, begin hy wieg omdat die wind vasvatplek kry. Die voordeel van ons pypstruktuur is dat die wind nie vatplek aan hom kry nie. Hy druk die spilpunt dalk ‘n bietjie skuins, maarhy bly staan waar ‘n hoekysterspilpunt maklik pote in die lug loop lê.

“Ons sit glad nie enige intreevlak-sprinkelpakkette aan ons spilpunte nie. Ons spilpunte is toegerus met dit wat ons oor die jare heen geëvalueer het om slegs die beste vir die boer te bied: Breë bandwydte, druppels opbreek in konstante groottes wat vir jou beter indringing in jou grond gee met minder afloop en minder water in die wielspoor.”

Theuns vertel dat hy ook baie trots is op die spilpunte se outomatisering, waar die elektronika in die spilpunte verdeel is sodat jou risiko’s versprei is, en die instandhouding op die langer duur goedkoper en tot voordeel van die boer is.”

Een van die unieke eienskappe van Senter 360 is die wiele en -bande wat spesiaal vir spilpunte ontwerp is.

Theuns Dreyer geniet dit om met boere te praat en versoek dat enige navrae gerig word deur hulle te kontak by hulle plaaslike nommer (+27)18-469-1331, of op sy persoonlike nommer (+27)82-564-5955, of om die interessante webwerf te besoek by www.senter360.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0