SKORSIEBOBOTIE

L&G4_lae-koolhidrate
Aantal porsies: 5 x 270 g
Aanbevole porsiegrootte: 270 g
BESTANDDELE
- 5 groot skorsies
- Varsgemaalde sout
Geurmengsel
- 7,5 ml fyn gemmer
- 7,5 ml sagte bruinsuiker
- 5 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 2,5 ml sout
- ’n knippie peper
- 15 ml botter
- 1 groot ui, gekap
Maalvleismengsel
- ½ sny lae-GI-brood, geweek in water
- 250 g laevetmaalvleis
- 30 ml sultanas
- 15 ml blatjang
- 7,5 ml fyn appelkooskonfyt
- 7,5 ml asyn
- 7,5 ml worcestersous
- 7,5 ml tamatiepasta
Eiermengsel
- 1 eier
- 90 ml laevetmelk
- vars suurlemoenblare, vir geur
METODE
- Voorverhit die oond tot 180 o Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.
- Sny die skorsie deur ongeveer ’n derde van bo af. Hol die pitgedeelte uit en sprinkel met varsgemaalde sout. Hou eenkant tot benodig.
- GEURMENGSEL: Verhit al dié geurmiddels droog oor matige hitte vir 2 minute. Voeg die botter
en gekapte ui by. Soteer tot sag en geurig. - MAALVLEISMENGSEL: Druk die oortollige water uit die brood en meng al dié bestanddele saam.
- Voeg die Maalvleismengsel by die Geurmengsel en kook 20 minute oor matige hitte.
- Skep die bobotiemengsel in die uitgeholde skorsies. Laat spasie vir die Eiermengsel.
- EIERMENGSEL: Meng die eier en melk en verdeel tussen die gevulde skorsies. Druk ’n vurk liggies in die bobotiemengsel sodat die Eiermengsel egalig kan versprei.
- Plaas eers ’n vars suurlemoenblaar in elke skorsie en daarna die afgesnyde skorsie-derde bo-op. Plaas op die bakplaat en bak 45 minute tot gaar.
Wenk!
Sit voor saam met blatjang, klapper en piesangslaai.
Lae GI-konfyt sal tot ’n laer GI bydra.
VOEDINGSFEITE
Porsiegrootte: 270 g
Energie (kJ) 891
Proteïene (g) 16,9
Totale glukemiese koolhidrate (g) 14,7
Totale vet (g) 8,6
Versadigde vet (g) 4,3
Vesel (g) 2,2
Natrium (mg) 399
GI 55
**Slim laekoolhidraatgeregte
Lekker & Gesond reeks
Martie Hofmeyr and Janet Wiegand
LAPA Uitgewers
