Categories: NewsPublished On: 7th September 2016

Skaapvleispryse gaan moontlik herstel

By 2 min read

skape

Internasionaal word verwag dat skaapvleispryse sal voortgaan om te versterk in reaksie op verlaagde voorrade. Plaaslike pryse sal na verwagting in die volgende paar weke herstel soos wat dit warmer raak, volgens ABSA Agri Trends.

Plaaslik

Pryse was gedurende die week van 23 Augustus 2016 sterk omdat die warmer weer ondersteuning bied aan die vraag na lam- en skaapvleis en pryse sal na verwagting so bly. Die voorspelde ABSA-pryse was soos volg: Klas A is 0,77% hoër teen R63,00/kg en Klas C is 1,30% hoër teen R30,87/kg. Die gemiddelde pryse van voerlammers is 1,65% hoër teen R30,87/kg. Die gemiddelde prys van dorperskaapvelle het 2,88% laer verhandel teen R38,77/vel en merino het 7,75% laer verhandel teen R78,13/vel.

Bulmark faktore

  • Skaapvleispryse is besig om ‘n seisoenale opwaartse kurwe te volg soos wat dit warmer word.
  • Die verwagte verbetering in groeitoestande sal help met kudde-herbouing, wat tot beperkte voorrade sal lei.

Beermark faktore

  • Die Rooivleisabattoirvereniging het ‘n week-op-week styging van 8,7% in die aantal slagtings gerapporteer. Dit het egter nie verhoed dat rekord-stygings oor die week van 23 Augustus 2016 aangemeld is nie.

Internasionaal

Nieu-Seelandse lam- en skaapvleispryse het in die week van 23  Augustus 2016 sywaarts verhandel in vergelyking met die vorige week. Lam het sywaarts afgesluit op NZ$79.4/kop vir 15 kg. Ooie het sywaarts afgesluit teen NZ$51.1/kop vir ‘n 21 kg ooi.

Bulmark faktore

  • Die internasionale vraag na beide lam- en skaapvleis bou op wanneer voorrade laag is. Die mark is positief vir die komende seisoen in terme van pryse.

Beermark faktore

  • Die swak verbruikersvraag na lam in die Verenigde Koninkryk en Frankryk mag beteken dat lamsverhandeling ‘n uitdaging bly en voorsiening sal onder druk bly.
  • Nieu-Seelandse uitvoerders verkies om nie na die Verenigde Koninkryk uit te voer nie. Indien Nieu-Seeland se produksie egter begin verbeter, sal dié land ‘n belangrike mark raak. Die afwesigheid daarvan kan druk op pryse plaas.
  • Goedkoper alternatiewe proteïene is geredelik beskikbaar en plaas afwaartse druk op pryse.

Bron: RPO Bulletin

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0