Sien Rula Agri se toerusting in aksie by Val Boeredag

rula
’n Werktuig lyk dalk goed op papier, maar hoe werk dit in die veld? Hoe presteer dit onder werklike toestande? En gaan dit die boer se werk makliker maak?
Dit is vrae wat elke boer graag self wil beantwoord voordat daar in nuwe toerusting belê word. Daarom bied Val Boeredag die geleentheid om nie net toerusting van naby te besigtig nie, maar ook om te sien hoe dit in aksie in werklike, praktiese omstandighede en toestande presteer.
Die span van Rula Agri sien uit daarna om vanjaar deel van Val Boeredag op 1 Julie te wees en nooi alle boere uit om by hul uitstalling te kom inloer en deel te wees van die demonstrasie. Benewens die geleentheid om met die span te gesels oor spesifieke uitdagings en oplossings, sal verskeie van Rula Agri se bekende produkte uitgestal en gedemonstreer word.
Strookbewerking en bemesting in een werking
Een van die uitnemende implemente wat op die dag gedemonstreer sal word, is die Strip-Till-eenheid met die EasyFert-kunsmiskombinasie. Hierdie implement kombineer grondbewerking en bemesting in een werking, wat produktiwiteit verhoog en onnodige werking deur jou lande en grond beperk.
Vir boere wat fokus op grondgesondheid, doeltreffende bemesting en kostebesparing, bied hierdie oplossing ’n praktiese manier om meer met minder tyd en brandstof te doen.

Plant en bemes in een beweging
Die agt ry- Mintill-planter met korrelkunsmistoediening sal ook uitgestal word. Hierdie planter kombineer plant en bemesting in een werking, wat tyd bespaar en operasionele doeltreffendheid verhoog.
Die planter beskik verder oor Rula Agri se grondkontakbeheer (downforce) wat deur die maatskappy ontwikkel is. Dit verseker konsekwente saadplasing en optimale ontkieming. Boere wat meer oor die planter en sy werking wil weet, sal die geleentheid hê om met die Rula Agri-span daaroor te gesels.

Doeltreffende kunsmisvervoer
Die Ferto 12-reeks-kunsmiswa sal ook by Val Boeredag te sien wees. Hierdie betroubare oplossing is ontwerp vir die doeltreffende vervoer van kunsmis en help om staantyd en arbeidskoste op die plaas te verminder.
Vir boere wat hul logistiek tydens planttyd wil verbeter, bied die Ferto 12 ’n praktiese oplossing wat bydra tot beter vloei en groter doeltreffendheid in die veld.

Ontwikkel met die boer in gedagte
Elke implement in die Rula Agri-reeks is ontwikkel met die Suid-Afrikaanse boer in gedagte. Die doel is nie bloot om werk gedoen te kry nie, maar om dit slimmer, vinniger en meer volhoubaar te doen.
Val Boeredag bied die perfekte geleentheid om hierdie toerusting van naderby te besigtig, vrae te vra en met die Rula Agri-span te gesels oor oplossings wat by elke plaas se unieke behoeftes pas.
Die Rula Agri-span sien daarna uit om bestaande en nuwe kliënte te ontmoet en saam ’n dag vol landbou, innovasie en praktiese oplossings te geniet.
Vir meer inligting, skakel Rula Agri by 011-795-1040 of besoek hul webwerf by https://rula-agri.co.za/