Senter360 verskaf elektriese, son, petrol en wateraangedrewe aandryfstelsels

DSC_0014-1536×1024
Senter360 se spilpunte is bekend vir hulle bogemiddelde struktuursterkte en duursaamheid as gevolg van die ekstra stelle staalpypkappe wat op elke span aangebring is. Die pypstruktuur is nie net ligter as hoekysterkappe nie, maar ook meer windbestand as gevolg van hulle aërodinamiese vorm.
Senter360 se spilpunte word in Suid-Afrika vervaardig. Daarom is daar altyd onderdele en diens beskikbaar. Besoekers aan NAMPO was beïndruk met al hulle produkte.
Theuns Dreyer, besturende direkteur van Senter360, sê hulle is ‘n besproeiingsmaatskappy wat deur die hele Afrika werk.
“Ons vierwielaandrywingstelsel vir kleigrond is bekend en is toegerus met besproeiingsbande wat spesifiek vir ons ontwikkel en gemaak word. Wielspore deur hierdie bande is tot twee derdes vlakker as die van ‘n vergelykbare standard trekkerband wat nie vir hierdie nat toestande ontwikkel is nie,” sê Theuns.
Verskillende aandryfstelsels
Senter360 maak ook voorsiening vir beurtkrag: “Ons het die elektriese aandryfstelsels op ‘n vierwielstelsel en dan het ons die opsies van ‘n petrolaandryfstelsel op ‘n eentoringmasjien wat ideaal is vir tot 3,5 hektaar. Dan het ons ook die wateraandryfstelsel .”
Die petrolaandryfstelsel is meer verstelbaar as ‘n waterdryfeenheid, maar dit het ‘n enjin wat sowat 1 liter petrol per ‘n uur gebruik. Die wateraandryfstelsel gebruik net waterdruk van die pomp.
Met die elektriese stelsel kan die boer die millimeters wat hy wil besproei, verstel.
“Die stelsel sal sy loopspoed kies – van drie uur vir die vinniger omwenteling tot drie dae,” sê Theuns.
Elektriese stelsels kan ook met ons opsionele doelgeboude reeks sonbeheerpanele, gelyktydig met son en netwerkkrag loop waar beskikbare son-energie altyd die voorkeur bron sal wees. Alleenstaande songedrewe stelselstelsel is ook beskikbaar.
Die kleiner senter wat Senter360 het, is tipies geskik vir enigiets van ‘n eentoring- tot ‘n drietoringspilpunt. Dit kan ‘n water-, elektriese of petrolaangedrewe spilpunt wees. As dit elektries is, het dit sy eie beheerkas.
“Die spilpunt kan aan jou trekker se hyserarms gekoppel word om dit na ‘n ander posisies te sleep. Dit beteken dat die spilpunt meer as een sirkel kan besproei.”
Senter360 het ook groter spilpunte wat hoër loop beskikbaar “Die standaard met 3 meter gewasvryhoogte vir gewasse soos mielies. Een met ‘n hoër profiel (4 meter) is vir suikerriet. Ons het ook een wat 5 meter hoog loop vir piesangs of gewasse wat ekstra hoog groei,” sê Theuns.
Alle Senter360-masjiene kan ook van sirkel tot sirkel gesleep word.

Sproeierpakette
Om in behoorlike sproeiers te belê, is regtig die geld werd. Senter360 het ‘n baie hoë gehalte beweegbare sproeier; dit het ‘n eenheid binne wat beheerd roteer. Dit beheer die druppelgroottes presies, fyn genoeg om nie die grond vas te slaan nie maar is deurgans van ‘n presiese, konstante grootte wat verdamping tot die minimum beperk, net soos die ingenieurs bepaal het!
“Teenoor goedkoper sproeiers met hoë verliese, kry ons sowat 97% van die water wat besproei word in die grond en dit op 2,5 m monteringshoogte op 30+°C,” sê Theuns!
Vlekvryestaalkas met duursame deklaag
“Die standard beheerpaneel is eenvoudig en maklik om te verstaan, goed beveilig en modulêr vir maklike en goedkoop instandhouding maar dit is ook ‘n volfunksie beheerpaneel wat byna alles wat jy kan benodig, sal doen” het Theuns gesê.


Beheer jou Senter360 op jou slimfoon
Die boer laai die toepassingstelsel gratis af. Dit is ‘n webgebaseerde stelsel waarmee die boer sy spilpunt of spilpunte vanaf sy skootrekenaar of selfoon kan bestuur met direkte terugvoer op sy selfoon deur ons “Notifier” toepassing wat enige verandering van die spilpuntstatus onmiddelik deurgee. Laasgenoemde kan van die toepassingswinkel afgelaai word, ” sê Theuns.
Kontak Theuns Dreyer regstreeks vir meer inligting en plaaslike ondersteuning by (+27)82-564-5955, of besoek hulle webwerf by www.senter360.co.za.