Categories: Crop productionPublished On: 10th February 2016

Senter 360 maak die Oos-Kaap ‘n besproeiingsoase

By 3 min read
483 words

New Picture (57)

FVS Irrigation het hulle eie oprigtingspan wat binne twee tot drie dae ‘n splinternuwe Senter 360-spilpunt in bedryf kan kry. Die span is Christo Coetzee, oprigter; Seun Allison, oprigter; Sam Mantu, hulpoprigter; Rendell Massingue, hulpoprigter; Pieter Vorster, hulpoprigter en Johnson Willie, algemene werker.

Die waarde van water styg drasties as die boer dit ekonomies kan toedien daar waar dit die nodigste is. In hierdie proses speel die boer se spilpuntvennoot, Senter 360, ‘n sleutelrol. Nadat die Oranje-Visriviertonnel in 1975 voltooi is, was die Cradock-boere rondom die Groot Visrivier van die gelukkiges wat mildelik met besproeiingswater
voorsien is. Vloedbesproeiingsluise het links en regs verskyn soos die dorre Karoo in ’n oase van verbouiingsbedrywighede omskep is. Die koms van spilpunte het vir boere nuwe watertoedieningsopsies
gebied. Die toerusting was destyds nogal duur, maar soos spilpunttegnologie oor die jare verbeter het en namate arbeid al hoe duurder geword het, het spilpunte al hoe lonender geword sodat al hoe meer boere hulle na hierdie tegnologie wend.

Fritz van Staden het destyds by Senter 360 se hoofkantoor in Klerksdorp gewerk, wat toe nog deel van Senwes-koöperasie was. Met die begin van die uitkooponderhandelinge het Fritz sy kans waargeneem en in 2006 al die pad Cradock toe getrek om sy onderneming, FVS Irrigation, op ’n plaas reg langs die Groot Visrivier te begin. Hy het dadelik aan die werk gespring en die uiters doeltreffende Senter 360-spilpunte aan besproeiingsboere begin bemark.
Vandag bied Fritz die hele Senter 360-pakket in die hartjie van die Oos- Kaap aan die boer. “Ek verkoop saam
met twee ander agente oor die hele Oos-Kaap en doen al die oprigtingswerk in die provinsie. Nadat die boer self sy fondasie gegooi het, neem dit Fritz en sy oprigtingspan tussen drie en vier dae om ’n gemiddelde spilpunt van vyf torings aan die werk te kry.

‘n Boer kan in ‘n japtrap enige onderdeel vir sy Senter 360-spilpunt uit FVS Irrigation se netjiese voorraadskuur verkry.

‘n Boer kan in ‘n japtrap enige onderdeel vir sy Senter 360-spilpunt uit FVS Irrigation se netjiese voorraadskuur verkry.

Intussen het Fritz ook ’n ten volle toegeruste werkswinkel op sy perseel gevestig, wat enige staalwerk rondom
pompe en pompstasies kan doen asook pompe, motors en spilpuntratkaste herstel. “Ek het ’n baie bekwame,
gekwalifiseerde ambagsman met voldoende gereedskap wat selfs stuwers (impellers) vir die pompe kan sny,” sê Fritz. FVS Irrigation spog ook met ‘n volwaardige onderdelewinkel sodat geen spilpunt ooit tyd hoef te verspil terwyl
daar op onderdele gewag word nie. Fritz kan ook spog dat die beste en duurste genetika onder een van sy spilpunte loop. Nadat Johann Rupert twee jaar gelede die R40-miljoen buffel, Mystery gekoop het, moes Senter 360 vir hom ‘n spilpunt vir sy plaas buite Graaff-Reinet verskaf. Fritz se span moes toe die spilpunt gaan oprig sodat Mystery net die sappigste en gesondste weiding kon geniet.

Vir meer inligting, skakel Senter360 by 018-469-1331 of stuur vir hulle ’n e-pos na info@senter360.co.za.

FVS Irrigation se trotse kantoorspan, wat enige instapboer kan bied net wat hy nodig het, is Monde Nyalela, algemene werksman; Janien Lamprecht, boekhoudster; Sonnika Ackerman, administratiewe beampte; Fritz van Staden, eienaar FVS Irrigation; Mara van Staden, kantoorbestuurder; Rudi Klingenberg, werkswinkelbestuurder, en Hendrik Mowers, hulptuinier.

FVS Irrigation se trotse kantoorspan, wat enige instapboer kan bied net wat hy nodig het, is Monde Nyalela, algemene werksman; Janien Lamprecht, boekhoudster; Sonnika Ackerman, administratiewe beampte; Fritz van Staden, eienaar FVS Irrigation; Mara van Staden, kantoorbestuurder; Rudi Klingenberg, werkswinkelbestuurder, en Hendrik Mowers, hulptuinier.

Een van Senter 360 se spilpunte verseker lowergroen weiding vir Zirk Scheepers se Merino’s op sy plaas, Wonderkop, buite Cradock.

Een van Senter 360 se spilpunte verseker lowergroen weiding vir Zirk Scheepers se Merino’s op sy
plaas, Wonderkop, buite Cradock.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0