Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 13th April 2023

SDE: Kamera- en video observasiestelsels vir landelike- en plaasveiligheid

By 5 min read
985 words

Solar BTS-3

Misdaad bedreig daagliks die lewe van mens en dier in Suid-Afrika. Mense wat hulle gesinne, vee en bates wil beskerm, moet vindingryk raak om hierdie uitdagings te oorkom. Gelukkig bied tegnologie heelwat oplossings.

Daar is ՚n verskeidenheid metodes hoe om jouself te beskerm, maar die doeltreffendheid daarvan word oor die algemeen bevraagteken – en dit moet! Boere belê in kameras, elektriese heinings, alarmstelsels, bewegingsensors en vele meer produkte wat dan ook nog geïnstalleer en aangepas moet word om onafhanklik van wispelturige kragvoorsiening te wees. Maar dan sien hulle nie die gewenste resultate nie.

Soos sake tans staan, is daar twee redes hiervoor:

1. Die tegnologiese toerusting is van lae gehalte of word nie ten volle benut nie.

2. Die diensverskaffer bied nie die korrekte sekuriteitstelsel vir die boer se unieke behoeftes nie.

Dit is dus geen wonder dat ՚n mens se vertroue in tegnologie verbreek word nog voordat jy kans gehad het om dit te gebruik nie. Boere bekla hulle lot dat daar onvoldoende proaktiewe sekuriteitstelsel beskikbaar is. By nadere ondersoek vind ՚n mens dan uit dat die beskikbare stelsel nie die doeltreffende kombinasie is van ՚n goeie, ontwerpte stelsel nie.

SDE se nasionale beheerkamer doen 24/7 monitering van stelsels.

Tegnologie-oplossings wat sekuriteit bied

Die kruks van die saak is dit: ՚n doeltreffende sekuriteitstelsel is meer as net ՚n spul kameras en bewegingsensors wat saamgeflans is. Die beste stelsel is een wat strategies saamgestel is deur ՚n kenner wat luister na jou behoeftes en wat presies bepaal wat jy met die stelsel wil bereik. Dit is hoekom ՚n betroubare diensverskaffer so belangrik is.

Hierdie mas bestaan uit verskeie komponente: Die sonpaneel vir kragtoevoer, die staalkabinet met die toerusting binne in, die mikrogolfradio, en dan ook 5 kameras. Twee is nommerplaatkameras en twee is oorsigkameras, vir teenoorgestelde rigtings. Daar is ook ‘n maskamera wat die paal moniteer vir diefstal of vandalisme.

՚n Sekuriteitspesialis besoek jou plaas, huis of skuur en maak ՚n volledige waardering van die geriewe en omstandighede. Dan ontwerp hulle ՚n stelsel wat elke faset in ag neem. Volgens SDE is die beste manier om proaktief na jou plaas en familie se veiligheid om te sien videomonitering en korrekte bestuur van jou stelsel. Videomonitering is ՚n tegnologiese middel wat sy sukses oor en oor bewys het as ՚n proaktiewe middel. Dit is ook veeldoelig en kan vir verskeie doeleindes aangewend word. SDE is ՚n maatskappy wat boere help met die assessering en oprigting van hulle video-sekuriteitstelsels.

Omdat plase so groot is, gaan die oprigting van kameras gewoonlik gepaard met senders wat die beelddata vanaf die kamera na die beheerkamer stuur, waar ՚n persoon die sekuriteitskerms beman. Dit word nie aanbeveel dat selfoonnetwerke of ’n internetnetwerk gebruik word nie, omdat dit gewoonlik beperkte bandwydte en betroubaarheid het. SDE is die markleiers in sellulêre seinversterkers. Hulle het begin as vervaardigers van antennas in 2000, maar vanaf 2012 spesialiseer hulle ook in sellulêre tegnologie en voer torings in sedert 2014. Hulle herhalers is netwerkgoedgekeur en word vertrou deur die beheerliggaam, ICASA. Hulle torings is aangepas vir Suid-Afrikaanse omstandighede, gereed om op 12 V batterykrag te werk. Dié kan of deur die kragvoorsiener gelaai word, of deur sonpanele.

Die oorsigkamera gee ‘n algemene beeld van die area en help ook om diere, voertuie en vragte te identifiseer.

Sukses begin met die oprigting van doeltreffende videotegnologie SDE volg ses aspekte om sukses in ՚n oprigtingsproses te behaal.

Dit is soos volg:

1. Hulle doen ʼn volledige ondersoek op die perseel.

2. Hulle stel ʼn volledige uiteensetting van ingenieursontwerpe, met koste ingesluit, op.

3. Alle kameras wat gebruik word is van die hoogste gehalte.

4. Hulle stel ook die volledige mikrogolfnetwerk op wat hulle ontwerp vir die stelsel sodat data- en videostroming veilig en betroubaar is.

5. Hulle verseker dat die beheerkamer die regte, betroubare toerusting het wat die persoon wat die monitors 24/7 beman in staat stel om sy of haar werk te doen. Die kliënt moet self net die regte diensverskaffer identifiseer.

6. Hulle stel ook voor dat die kliënt gebruik maak van opgeleide gemeenskapsgroepe wat vinnig sal optree wanneer daar ՚n bedreiging aangemeld word.

Om ՚n sekuriteitstelsel soos hierdie op te rig, sal daar na die fondasie, basisse en tipiese 6-meter hoë mas gekyk moet word. Die mas is die struktuur waarop alle toerusting gemonteer sal word. Dit bly belangrik om nie te veel op die aankoopprys te fokus nie. Gehalte bly die wagwoord in die strewe na doeltreffendheid. Gedurende die oprigting van die stelsel sal daar ʼn staalkabinet ongeveer 5 meter hoog op die mas gemonteer word vir toerusting soos die battery, sonkragbeheerder en ʼn ethernetskakelaar.

Die toerusting kan enige getal van die volgende insluit:

• Nommerplaat-herkenningskameras

• Oorsigkameras

• Masbeskermingskameras

• Mikrogolfkommunikasienetwerk

• Monitors en video-opnemers

• Sonkragstelsel

Die doel van die kameras is soos volg:

 Nommerplaatkameras Die nommerplaatkameras se hoofdoel is om voertuie se nommerplate dag en nag te lees. Daardie inligting word deur die stelsel aan die mense gegee wat dan verder die data kan verwerk. Hierdie soort kamera doen geen ander waarnemings nie. Die kamera kan ook gekoppel word aan Natis- en polisiedatabasisse om geswartgelyste voertuie uit te ken.

Die nommerplaatkamera is ontwerp om spesiaal die nommerplaat op voertuie duidelik te kan lees.

Oorsigkameras

Die hoofdoel van die oorsigkameras is om dag en nag bedrywighede op ՚n pad of in ՚n bepaalde gebied dop te hou. Dit kan aangewend word om te kyk na vee wat verbybeweeg, voetgangers wat beweeg, voertuie wat verbyry se fabrikaat, kleur en model of vrag agter op bakkies en sleepwaens. SDE bied ook tegnologiese oplossings vir waterbestuur, sonkragstelsels en weerstasies op spilpunte. Kameras hoef ook nie net opgerig te word om sekerheid te bevorder nie. Dit kan ook gebruik word om brandstof in tenks te beveilig, pakkamers en voorraad onder toesig te hou, asook beheer oor die in- en uitklok van werknemers.

Vir meer inligting, kontak Dirk Laing by +27-12-663-4331 of +27-72-668-0800 of stuur ‘n e-pos na dirk@sdexperts.co.za of andridebeer@sdexperts.co.za. Besoek ook hulle webtuiste by: www.sdexperts.co.za.

0
Tags: , ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0