Scania groei en boer saam met jou

scania 1
“Deesdae is daar nie iets soos ’n slegte trok nie, so ’n mens kyk nie net na al die tegniese besonderhede en prestasies van ’n vragmotor as jy jou keuse maak nie, maar ook na die mense met wie jy te doen het en die totale pakket,” sê Flip de Bruyn van River North
Carriers in Klerksdorp.
Flip se eerste vragmotor, wat hy 15 jaar gelede aangekoop het, was ’n Scania. Die maatskappy was ook bereid om hom met finansiering by te staan, sodat hy sy eie vervoeronderneming kon begin. Deur ’n sameloop van omstandighede het Flip na skool begin om vir ander mense trokke te bestuur.
“Ek het nog altyd van ysters gehou,” vertel hy, “maar ek wou my eie onderneming hê en ek wou boer… en ek moes êrens begin.”
Die oomblik toe hy gereed was, het Flip begin om finansiering te soek vir sy eerste trok. Scania, wat sy eie finansieringsafdeling het, het aan hom die geleentheid gegee om te begin. Sy bank het ook gehelp. Die geleentheid en belegging was die moeite werd vir Flip en vir Scania, want vandag besit hy ’n hele span Scanias en hy steun steeds op hulle buigsame finansiering.
Flip sê dit is vir hom interessant om te sien hoe hy en die maatskappy saam gegroei het in Suid-Afrika. Scania se markaandeel het in hierdie tyd drasties toegeneem en River North is nou ’n gevestigde en gerekende onderneming in die vervoerbedryf, veral in landboukringe. Flip se ander droom om self te boer is ook ondertussen verwesenlik.
Van River North se Scanias doen ’n bietjie ander soort werk as die meeste ander vervoermaatskappye en dit is nie vreemd om een van die maatskappy se trokke in die mielie- en koringlande in die graanmekka van die land te sien werk nie. Boere en kontrakteurs wat kuilvoer sny laat die Scania langs die kuilvoerkerwer ry en die kuilvoer word sommer regstreeks in die trokwa in gestroop, vanwaar dit na die kuilvoerput aangery word. ’n Bewegende vloer sorg vir die aflaaiwerk.
Flip sê die meeste van sy vragmotors het bewegende vloere en ’n laaivermoë van 32 ton. Hy ry ook baie kalk, wat langs die lande afgelaai moet word, aan vir boere. Sy trokke word dikwels gebruik vir die aanry van graan na die silo’s en vir die vervoer van landboutoerusting, en hy bedien ook baie voerkrale.
River North se betrokkenheid by die landbou beteken egter ook dat die onderneming blootgestel is aan al die risiko’s van die bedryf, soos die droogte die afgelope paar jaar.
“Ons almal het die onmiddellike uitwerking van die droogte gevoel, maar ek dink nie een van ons besef wat die langtermyngevolge behels nie,” sê Flip. Hy het byvoorbeeld opgemerk dat boere baie meer omsigtig te werk gaan met hulle toediening van kunsmis en kalk. Net die nodigste word aangekoop en dus ook aangery.
In hierdie omstandighede het ’n vervoerkontrakteur, net soos ’n boer, plooibare finansiering nodig. Flip sê Scania se mense doen moeite om ’n pakket uit te werk wat jou toelaat om te groei sonder om jou kontantvloei heeltemal dood te trek.
Uiteindelik gaan dit oor die totale “koste van eienaarskap” wat alles insluit, van aankoopprys en betalingspakket, tot brandstofverbruik, onderhoud en inruil- of verkoopwaarde. Flip sê dit is waar Scania presteer – om die totale pakket aan te bied.
“Scania se werkswinkels is net op ’n ander vlak en hulle beskikbaarheid om naverkopediens te lewer, het geen gelyke nie,” sê hy.
Kies ’n vragmotor van ’n maatskappy wat saam met jou sal groei en boer. Skakel Wynand van den Berg by 051-433-1218 van Scania Bloemfontein of Scania se hoofkantoor by 011-661-9600 om uit te vind waar is jou naaste handelaar. Besoek gerus ook www.scania.co.za.

Dit is nie vreemd om River North se trokke in die
lande te kry nie – hulle boer saam!

Flip de Bruyn van River North Carriers in Klerksdorp se verhouding met Scania het vyftien jaar gelede begin toe die maatskappy bereid was om hom te help met finansiering sodat hy sy eie onderneming kon begin.