in ,

Scania eindig ‘n glorieryke era op ‘n hoë noot

Scania en Time Link Cargo werk nou saam om jou vervoertaak sorgeloos af te handel. Foto: Time Link Cargo.

This post is also available in: English

“Time is money – we save you both” is die slagspreuk van Time Link Cargo. Dit is slegs moontlik met ՚n Scania-trok. Scania is in alle opsigte ՚n uitsonderlike trok, maar een van Scania se mees indrukwekkende kenmerke is hulle magtige V8-enjins.

Scania se PGR V8-reeks het diep spore in die Suid-Afrikaanse boerderygemeenskap en vervoerbedryf getrap, alhoewel hierdie staatmakertrokke vragvertroetelend en sonder sukkel hulle weg op ons plaas- en teerpaaie gebaan het.

Scania se eerste V8-enjin is in 1969 bekendgestel en van daar af het dit ՚n indrukwekkende groeikurwe van krag en enjingrootte gevolg. Die jongste geslag Scania-trokke in Suid-Afrika is die P-G en R-reeks wat in die middel 2 000’s bekendgestel is. Hierdie reeks se kraglewering is vanaf die vorige LB 144 model se 343 en 395 kW na 373 tot 433 kW verhoog. Dit is ook die eerste keer dat Scania sy enjininhoudsmaat van 14,2 tot 15,6 liter verhoog het. Vir boere en vlootbestuurders wat nog meer krag en wringkrag vereis, het Scania die Euro 4-weergawe met 463 kW bekendgestel.

Die PGR-reeks is vir die afgelope 11 jaar in Suid-Afrika in die Scania-aanleg in Johannesburg gemonteer, maar hierdie era het onlangs tot ՚n einde gekom om plek te maak oor die nuwe NTG-reeks.Gelukkig kon daar darem feesgevier word, want die 23 000ste eenheid het op 26 Februarie vanjaar uit die aanleg gery. Scania se aanlegpersoneel, bestuur en die koper van die ikoniese trok was almal daar om die geleentheid te vier.

Oor die afgelope dertien jaar het daar ՚n indrukwekkende sakeverhouding tussen Time Link Cargo en Scania ontwikkel. Fotos: Time Link Cargo.

Die spoggerige geleentheid was ook ՚n groot dag vir Time Link Cargo, wat dié eenheid gekoop het. “Dit was ՚n groot eer om die 23 000ste en laaste Scania PGR wat in die wêreld vervaardig word, in ontvangs te kon neem,” sê Kamal Mitoo, eienaar van Time Link Cargo. Hierdie vervoeronderneming wat in Kaapstad geleë is, het die grootste Scania-vloot met V-8 enjins in Suid-Afrika. Time Link Cargo het die vervoerbedryf in 2005 betree en hulle het kort daarna hulle eerste Scania gekoop. “Hierdie trok het ons behoeftes uitstekend gepas en tot vandag toe het ek net Scania-trokke met 6×4 V8 enjins in my vloot,” sê Kamal.

Time Link Cargo se swetterjoel trokke loop kruis en dwars oor die land en om te sorg dat elkeen altyd betyds by sy bestemming aankom, verg ՚n sterk en slim ondersteuningspan. Ondersteuning is  sinoniem met Scania en aan die tegniese kant staan hulle span se hande vir niks verkeerd nie.

“Elkeen van ons trokke lê tussen 30 000 en 34 000 km per maand af oor ՚n wye verskeidenheid afstande en met verskillende vragte. Om dit reg te kry, het ons die beste rugsteundiens nodig wat beskikbaar is,” sê Kamal.

Foto: Time Link Cargo.

Time Link Cargo het ՚n volle-onderhoudskontrak met Scania gesluit en het selfs leentrokke tot hulle beskikking. Staantyd het ՚n vreemde begrip vir die trokdrywers geword.

“Daarbenewens is ՚n Scania in alle opsigte ՚n goed gebalanseerde voertuig, van bestuursgemak, onderhoudskoste, brandstofverbruik, tot by die aanpasbaarheid in ons bedrywighede,” sê hy.

Dryweropleiding is gewoonlik ‘n uitdaging vir ondernemings met ‘n groot vloot, maar Kamal was baie tevrede met die deeglike werk wat Scania deur hulle Scania Driver Training-program gedoen het. “Die dryweropleiding wat Scania doen is van kardinale belang vir ons. Ons drywers is almal gemaklik en vertroud met die werking van hulle trokke en word ook gereeld op hoogte gebring van nuwe funksies.”

Scania se 23 000ste en laaste V8
PGR-model is onlangs vervaardig en
aan nog ՚n tevrede kliënt oorhandig.

Mobiele dienseenhede

Scania se 38 handelaarswerkswinkels is deeglik oor die land versprei en daar is meer as genoeg mobiele dienseenhede om ՚n trok wat ՚n probleem mag ondervind, betyds te hulp te snel. Scania Assist is ook 24/7 beskikbaar.

Vir so ՚n groot vervoeronderneming soos Time Link Cargo kan die kleinste tegnologiese verbetering aan ՚n trok hulle uitgawestaat aansienlik beter laat lyk. Kamal sê: “Soos die jare verbygaan, bly Scania aan die voorpunt van die nuutste tegnologie in hulle trokke en ons volg dit getrou om ook op hoogte te bly om die beste keuses te kan maak.” Die verhouding tussen Scania en Time Link Cargo is rotsvas.

“Dit sal vir baie jare so voortduur. Nie net is ons tevrede met die voertuie nie, maar ook in elke opsig met Scania se naverkopediens en onderhoudskontrak. Ons het reeds ՚n bestelling vir 100 eenhede van die nuwe reeks geplaas,” sê Kamal.

Foto: Time Link Cargo.

Vir meer inligting oor Scania se reeks vervoeroplossings, skakel asseblief jou naaste Scania-handelaar of Scania se hoofkantoor by 011-661-9600. Besoek ook gerus hulle webwerf by www.scania.co.za vir meer inligting.

Die laaste Scania V8 PGR-trok is met groot afwagting begroet toe dit uit
Scania se monteeraanleg in Johannesburg gery het.
Slegs ՚n betroubare en hardwerkende trok soos ՚n Scania is goed genoeg
om in Time Link Cargo se vloot te dien. Foto: Time Link Cargo.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Personeelvermindering – wie bly en wie gaan?

Ontmoet Poynting se PUCK-antennas vir die plaas