SA wynbedryf baat glo by Brexit

wingerde
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf kan 100 000+ werksgeleenthede teen 2025 skep sê Michael Mokhoro, beleggersskakelbestuurder vir Suid-Afrika se wyn- en brandewyn-bedryf. Dit kan volgens hom toegeskryf word aan die besluit van Brittanje om aan die Europese Unie te onttrek. Hy sê Suid-Afrika se huidige ooreenkoms van die belastingvrye kwota van 48-miljoen liter wyn wat na die Europese Unie uitgevoer word, gaan nou verdubbel.