Rooivleispryse styg terwyl boere kuddes herbou

fiorentina
raw T-bone on white background
Suid-Afrikaanse verbruikers gaan meer moet opdok vir hulle gunsteling beesvleis of gaan daarsonder moet klaarkom, want hulle voorspel dat beesvleispryse met meer as 30% vanjaar sal styg aangesien veeboere sukkel om hulle kuddes te herbou.
Volgens Agri Oos-Kaap se ontleder en nasionale onder-voorsitter van die RPO (Rooivleisprodusente-organisasie), Pieter Prinsloo, het die slagtingsyfers aansienlik sedert Januarie vanjaar gedaal.
Kuddes moet herbou word
Die droogte het verwoesting gesaai onder die nasionale beeskudde, die kudde het met ten minste ‘n halfmiljoen diere verminder tot minder as 14 miljoen stuks vee. Pieter verduidelik toe die droogte eers toegeslaan het, het boere hulle vee wat hulle na die slagpale toe gestuur het, vermeerder. Die verhoogde vleisvoorraad het beteken dat pryse op die rakke gedaal het. En nou is daar ‘n tekort aan vleis.
“Die afname van diere wat na die slaghuis gestuur word het gelei tot verhoogde pryse van ongeveer 30% wat baie meer is as die jaar-op-jaar verhogings van pryse van tussen 5 en 6%. Dit kan nog in die toekoms styg.”
Hy sê ook dat handelaars hard probeer om die prysverhogings te hanteer. Volgens hom het boere ‘n aandeel van die verbruikersrand vir lam en beesvleis van 65% en 56% onderskeidelik.
Verhoogde insetkoste
“Bykomende voerkoste het die plase se kostes geweldig laat toeneem. Sommige boere kon dit net nie meer bekostig nie en moes van hulle vee ontslae raak.”
Hy sê die verhoogde insetkostes het ‘n verwoestende uitwerking op baie boere in die Oos-Kaap gehad met baie wat hulle goed verkoop het as gevolg van die finansiële druk.
Die wat oorleef het is in ‘n herstelfase en prysverhogings sal help om hulle skuld van die droogte af te betaal, sê Pieter.
“Oor die algemeen word skape minder geraak deur die droogtetoestande as beeste en die herstelfase van skape is ook vinniger. Prysverhogings vir lam en skaapvleis (5%) sal minder wees as die verhogings van beesvleis,” sê Pieter.
“Die situasie sal na verwagting vir die res van die jaar aanhou.”
Die onlangse reën is nie genoeg nie
Pieter sê die onlangse reën in dele van die Oos-Kaap het nie veel tot stygings in die damme bygedra nie en die klimaatstoestande het ook nie gehelp nie.
Pieter raai verbruikers aan om hulle koopgewoontes te hersien en om eerder ‘n hele karkas te koop as dele in ‘n winkel, dit is goedkoper.
Bron: Bizcommunity