Revaro bied die boer alles wat hy nodig het onder een dak

WhatsApp Image 2024-01-24 at 11.19.20
Revaro is deesdae die handelsmerk om dop te hou! Reyno van Rooyen, uitvoerende direkteur en stigter, het die maatskappy begin deur palette te verkoop. Vandag spog hulle met verskeie werktuie en ander plaasprodukte, ‘n volgepakte onderdelepakhuis en hulle eie werkswinkel.
Michelle Momberg, Revaro se bemarkingskoördineerder, vertel dat hulle nie wil hê hulle klante moet gaan rondsoek by verskillende maatskappye nie. By Revaro kry jy die werktuig en al die naverkoopdiens wat jy benodig, op een plek.
Dié maatskappy probeer om elke jaar ‘n nuwe produk vry te stel. Verlede jaar het hulle spoorstuurlaaiers en boskappers (mulchers) ingebring en hierdie jaar is hulle opgewonde om hulle mini-graafmasjiene en kompakte laaigrawe (TLB) bekend te stel.

Revaro se TREX612 en TREX612S is veelsydig en kompak – net die kragreus wat jy kort.
Mini-graafmasjiene
Revaro het onlangs die TREX612 en TREX612S by hulle reeks gevoeg. Die buksies het al die gevorderde tegnologie wat ‘n mens benodig, maar in kompakte masjiene wat in klein ruimtes en op uitdagende terreine gebruik kan word.
Die masjien het ‘n spoorlengte van 960 mm, spoorbreedte van 180 mm, ‘n bedryfsmassa van 1 120 kg, gegradeerde krag van 10,3 kW teen 2 200 opm, verplasing van 489 cc en kan ‘n wye reeks aanvoegsels hanteer. Alles word deur ‘n Kubota-enjin aangedryf.
Die TREX612S het ‘n geartikuleerde arm; die arm kan links en regs beweeg sonder dat die kajuit hoef te draai. Dit verseker akkuraatheid en ‘n reikwydte wat nie gewoonlik bereik kan word met ‘n graafmasjien van sy grootte nie.

As jy op soek is na krag en presisie is die HD50 die regte laaigraaf-slootgrouer vir jou.
HD50-laaigraaf (TLB)
Die 49,4-perdekrag (36,8 kW) laaigraaf-slootgrouer (TLB) het ‘n stortingshoogte van 3,2 m, en kan tot 3,4 m diep grou. Die slootgrouer se bak hou 0,2 m3. Die laaigraafbak kan 0,8 m3 hanteer en 1 600 kg optel. Met ‘n XINCHAI EUROllll-enjin, vaste-as kragwisselingsratkas en ‘n uitswaaihoek van 190º is hierdie die masjien wat jy benodig vir enige grondverskuiwingswerke op die plaas.

Maak nie saak wat jou behoeftes is nie Revaro het die vurkhyser vir jou.
Vurkhysers
Revaro het drie vurkhysmodelle, standaard, alle terrein en rowwe terrein. Dit kan in talle toepassings op verskeie terreine gebruik word, soos gladde oppervlaktes in pakhuise, gruis en ongelyke oppervlaktes, of modderige en rowwe terrein.
Vurkhyser hysvermoë wissel van 2 500 kg tot 10 000 kg onderskeidelik.
Onderdele
Michelle sê een van die groot vereistes van klante is dat hulle nie wil sukkel om die regte onderdele vir hulle masjiene te kry nie. Vir Revaro is naverkoopdiens van uiterste belang en daarom het hulle seker gemaak dat hulle onderdelepakhuis sommer vol gepak is met alles wat hulle klante kan benodig.
“Ons het die onderdelepakhuis; ons het alles wat nodig is. Wanneer daar ‘n nuwe masjien arriveer maak ons seker ons het al die versieningsonderdele in voorraad tot en met 2 000 uur. Ons maak seker dat ons ook voorraad van die kritiese en slytonderdele aanhou. Enige aanhegsels wat nuttig is in Suid Afrika bring ons ook in saam met die masjiene,” vertel Michelle.
Elke masjien kom ook met sy eie unieke gereedskapkas.
Dit beteken dat Revaro ‘n groot verskeidenheid items onder een dak het en dat klante en handelaars nie ver hoef te soek nie.

Elke masjien kom ook met sy eie unieke gereedskapkas.
Werkswinkel
Met n gespesialiseerde werkswinkel op hulle perseel kan kliënte gerus voel dat elke masjien wat uitgaan se afleweringsinspeksie en enige opknappingswerk in top gehalte gedoen is. Van verf tot bou, die werkswinkel kan alles doen. Die diens stop egter nie daar nie, met ‘n uitgebreide handelaar- en diensagentnetwerk regoor Suid-Afrika, kan jy verseker wees dat ‘n spesialis in ‘n area naby jou is.
“Hierdie is ons jaar, ons fokus 100% op ons klante, ons voorraad en ons diens,” vertel Michelle opgewonde.
Hulle gaan die jaar by verskeie uitstallings en skoue wees, maar Michelle vertel dat hulle merendeels hulle handelaars wil ondersteun deur toerusting en verkoopkonsultante te voorsien wanneer hulle handelaars uitstal.
Revaro het ‘n wye reeks masjiene, kragopwekkers, palette en vele meer. Besoek gerus hulle webtuiste www.revaro.co.za vir meer inligting oor hulle een-stop-winkel.