Categories: Nuus, Vee en rassePublished On: 30th June 2021

Rekordprys behaal by Sernick Bonsmara veiling

By 1 min read
219 words

sernick-bonsmara

Tydens Sernick Bonsmaras se 43ste produksieveiling wat plaasgevind die 4de Junie 2021, te Liebenbergstroon, Edenville is ‘n Bonsmarabul vir die rekordprys van R800 000 verkoop.

Die bul wat die hoogste prys op die veiling gaan haal het, was lot 5 (foto) en is verkoop aan Mnr. Reinier Fouché van Weiveld Bonsmaras (eienaar) en Dr. Joggie Briedenhann en Mr. Martiens Aveling (aandeelhouers). Dit dui op ‘n nuwe rekordprys vir ‘n Sernick Bonsmara Bul – die vorige rekordprys was R775 000.00 in 2011.

Die gemiddelde prys vir die 45 bulle wat aangebied was R157 000.00. Volgens Serfontein vergelyk hierdie prys goed met dié van R122 000.00 in 2020, R104 825.00 in 2019, R101 360.00 in 2018, R93 000.00 in 2017, R66 800.00 in 2016, R42 000.00 in 2015, en R38 000.00 in 2014.

Ander resultate behaal op die veiling is soos volg:

Vroulike stoetdiere is teen gemiddeld R53 471.00 verkoop in vergelyking met die gemiddeld van R47 547.00 in 2020 en R28 383.00 in 2019.

In die geval van kommersiële koeie (3-in-een) was die gemiddelde prys R36 460.00 in vergelyking met R36 400.00 in 2020 en R26 172.00 in 2019.

Dragtige kommersiële verse het ‘n gemiddeld van R23 040.00 behaal in vergelyking met R19 138.00 in 2020 en R18 288.00 in 2019.

Die gemideeld vir kommersiële verse was R16 303.00 en R12 783.00 in 2020.

Johan van der Nest was vir die 38ste keer die afslaer op die veiling. Die veiling is wyd bygewoon met 313 geregistreerde kopers.

DANKIE aan elke koper en al ons ondersteuners!

Sernick Bonsmara

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0