Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 29th September 2025

R400 000 Bul bekroon Nu-Alcade Bonsmara-groep se veilingsukses

By 2 min read
287 words

Lot 4 – TMB 22-169

Lot 4, TMB 22-169 van Thinus Maritz is vir die hoogste prys van die dag R400 000 verkoop aan Dr JD Venter en sy seun JD Venter, van JD Venter Bonsmaras in Dendron en Pieter Mockford van Mockford Farms in Polokwane.

Op 25 September 2025 het die Nu-Alcade Bonsmara-groep hulle September-veiling te Warmbad Veemark aangebied. Die groep het goeie pryse op stoet diere sowel as slagvee behaal. Die hoogtepunt van die dag was die verkoop van die duurste bul, wat vir R400 000 verkoop is, wat die gehalte van Nu-Alcade-groep se diere duidelik bevestig.

Gemiddelde en hoogste pryse op bulle en vroulike diere was soos volg

Bulle:

  • 7 x Bulle verkoop aan stoet kopers teen ‘n gemiddeld van R185 000 met die hoogste prys R400 000.
  • 13 x Bulle verkoop aan kommersiële kopers teen ‘n gemiddeld van R68 461,54 met die hoogste prys R160 000.
  • Die gemiddeld op al 20 bulle: R109 250.

Kopers van die duurste bul van die dag: Pieter Mockford van Mockford Farms in Polokwane en JD Venter van JD Venter Bonsmaras in Dendron.

Kommersiële vroulike diere:

  • 6 x Dragtige koeie met kalwers: Gemiddeld – R27 666,67 en hoogste R29 500,00. Koper: Lilithalethu Trading 41 Cc (Polokwane). Verkoper: Sabra Properties (Pty)Ltd.
  • 38 x Koeie met kalwers: Gemiddeld – R25 381,58 en hoogste R32 000,00. Koper: Sampada Agri (Pty) Ltd (Modimolle). Verkoper: Netkor Boerdery.
  • 35 x Dragtige koeie: Gemiddeld – R22 157,14 en hoogste R28 500,00. Koper: Pieter Fourie Boerdery (Modimolle). Verkoper: Netkor Boerdery.
  • 58 x Dragtige verse: Gemiddeld – R19 428,76 en hoogste R22 000,00. Koper: PWAB Boerdery (Mookgophong). Verkoper: Frans Smit Trust.
  • 2 x Verse by die bul geloop: Gemiddeld – R18 000,00 en hoogste R18 000,00. Koper: Nyembe MW (Secunda). Verkoper: Bestrina Trust.
  • 4 x Oop verse: Gemiddeld – R17 500,00 en hoogste R17 500,00. Koper: Joubie Trust (Thabazimbi).Verkoper: Netkor Boerdery.

Uitslae van die slagvee en speenkalwers:

Die Nu-Alcade groep is dankbaar vir ‘n suksesvolle veiling: “’n GROOT DANKIE aan elke persoon wat ons veiling bygewoon het en ‘n GROOT SUKSES van die dag gemaak het!”

Danie Olivier behartig die bulbespreking wat voor die veiling plaasgevind het met talle kopers wat aandagtig deelgeneem het.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0