Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 13th November 2025

R130 000 vir topbul by Open Range Beefmasters se jaarlikse veiling

By 1 min read
257 words

open rage

Open Range Beefmasters het op 11 November 2025 tydens hulle jaarlikse produksieveiling op die plaas Straffontein in die Kendal-distrik kopers uit verskeie dele van die land gelok. Die veiling is deur BKB aangebied met Billy Lyons as afslaer, en het van begin tot einde ’n sterk en lewendige gees gehad.

Met hulle bewese genetika en gefokusde teeldoelwitte het Open Range weer eens hul verbintenis tot die bevordering van die Beefmaster-ras bevestig. Die diere wat op die dag aangebied is, het indrukwekkende vleiseienskappe, goeie rasstandaarde en uitstekende gehardheid getoon, eienskappe waarvoor Open Range bekend is en wat bygedra het tot ’n suksesvolle veiling.

Die hoogtepunt van die dag was sonder twyfel die verkoop van Lot 5, JVH 21-451, wat die topprys van R130 000 behaal het. Hierdie uitstaande bul is deur Adriaan Fourie van Loskop Noord Boerdery aangekoop en verteenwoordig genetika van uitmuntende waarde vir enige stoet- of kommersiële boerdery.

Die veiling se gemiddeldes was as volg:

  • Bulle: R47 250
  • Koeie met kalwers: R19 738
  • Dragtige verse: R18 500

“Ons is dankbaar teenoor elke koper en ondersteuner wat deel was van die dag. Hierdie resultate bevestig dat ons op die regte pad is met ons fokus op funksionele, vrugbare en aanpasbare diere wat in enige omgewing kan presteer,” het die Open Range Beefmaster-span gedeel.

Met ’n stewige reputasie wat oor jare heen opgebou is, bly Open Range Beefmasters vasbeslote om genetika te teel wat die winsgewendheid en volhoubaarheid van enige Beefmaster-teler ondersteun.

Baie geluk aan Open Range Beefmasters met ’n goeie veiling, en aan elke koper wat met topgehalte diere huis toe is!

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0