Categories: NewsPublished On: 3rd March 2016

R12 miljard benodig vir droogtehulp vanaf regering

By 1 min read

DSC_5119

Boere benodig dringend hulp van die regering. “Die landbousektor benodig R12-miljard van die regering oor drie jaar om te herstel na die droogte,” sê AgriSA.

Die voorsitter van AgriSA, Johannes Möller sê boere verloor hulle grond en plaaswerkers hulle werk. Die ondersteuning vanaf die regering sal gebruik word om kommersiële boere en opkomende boere te red van finansiële ondergang.

AgriSA se besturende direkteur, Omri van Zyl, sê dat ‘n mediumtermyn-oplossing van R12,5 miljard oor drie jaar na R16 miljard kan oorgaan as die situasie verder versleg of dit kan R7 miljard raak as dit verbeter. “En dit is net om ons te kry waar ons was voor die droogte,” sê hy.

Die voorsitter van die landbousakekamer, AgBiz, Schalk Pienaar, sê die sektor benodig waarborge vanaf die regering sodat boere hulle lenings kan terugbetaal. Boere vra ook vir ‘n subsidie van R1 000 vir hulle plaaswerkers per maand, sonder dit sal die boere werkers moet begin afdank. Die droogte kan ook kleinskaalse boere uitroei.

Omri sê dit sal tot armoede en ‘n verhoging in misdaad lei indien plaaswerkers afgedank word. Daar moet hulp vir boere wees om voedselsekuriteit in stand te hou.

Hy sê ook ander lande soos Zimbabwe sukkel, want hulle het die droogte as ‘n nasionale ramp verklaar en baie mense gaan sonder werk sit.

Johannes sê Suid-Afrika benodig jaarliks 11,25 miljoen ton graan en hierdie jaar gaan die oes 6 tot 7 miljoen ton lewer, die res moet deur invoere aangevul word.

Dis nie net boere wat gaan swaarkry nie, maar die hele gemeenskap insluitend plaaswerkers, sê hy.

Bron: Business Day and bizcommunity

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0