Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 3rd December 2024

ProAgri SA 298

By 1 min read
273 words

Proagri_298_Dec2024_Cover

Terugblik op nog ‘n suksesvolle jaar

Die einde van die jaar bring altyd ՚n spesiale gevoel van dankbaarheid en trots wanneer ons terugkyk na die afgelope twaalf maande. 2024 was ՚n uitdagende, maar buitengewone jaar en ons boere het weer bewys waarom hulle die ruggraat van ons land is. Julle deursettingsvermoë, harde werk en toewyding begeester ons almal.

By ProAgri voel ons bevoorreg om deel te wees van die landbougemeenskap. Elke skou en boeredag wat ons bywoon, elke plaas wat ons besoek, elke boer en rolspeler met wie ons te doen kry, elke storie wat ons vertel, elke artikel wat ons publiseer, word gedoen uit die liefde en waardering vir die landboubedryf en om deel te kan wees van hierdie ongelooflike gemeenskap.

Dankie aan elke boer, elke handelaar en elke klant vir julle oop deure en dat die reis saam met julle deur 2024 moeiteloos was. Ons is ook dankbaar vir die lojale ondersteuning van ons lesers, ons adverteerders en natuurlik die ongelooflike ProAgri-span wat onvermoeid werk om inhoud van gehalte na julle te bring.

Namens die hele ProAgri-span wens ons julle ՚n geseënde en vreugdevolle feestyd toe. Mag hierdie tyd van rus en samekoms vir julle nuwe krag gee vir die jaar wat voorlê. Ons sien uit daarna om in 2025 saam met julle te groei en nog meer suksesstories uit ons geliefde landboubedryf te deel.

Dankie dat julle ons vertrou en ons toelaat om deel van julle reis te wees.

Mag hierdie Kersfees lig en hoop bring, en mag die nuwe jaar voorspoed en seën in oorvloed bring!

Tot volgende jaar …

Bianca Henning – bianca@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0