Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 7th September 2022

ProAgri SA 271

By 2 min read
334 words

proagri_271_september_2022_Voorblad

Dis heerlike lente, die winter is verby!

Hoe ongelooflik is dit dat alles wat voorheen dood of vaal was, ewe skielik weer groen van kleur is. Een vir een begin die kersiebloeisels weerbarstig blom, gemotiveerd om te wys watter krag van vernuwing daar in die droë winterbome skuil.

Elke dag is daar meer kleure en bloeiselgeure. En die bye sak gulsig toe op die eerste tekens van die lente, hulle pootjies lomp en swaar van die stuifmeel.

Dit is ook ՚n nuwe opwindende seisoen vir boere met die geesdrif van plantseisoen wat voorlê. Boere het nou ’n laaste kans om hulle toerusting gereed te kry en hulle beplanning te finaliseer voordat die plantseisoen aanbreek.

Dis belangrik dat elke boer die sogenaamde ritme van die seisoen en ekonomie verstaan en daarmee saam op of af kan beweeg. Hierdie nuwe seisoen bied boere ook die geleentheid om uit te brei nadat hulle baie mooi besin, al hulle opsies deeglik oorweeg het en alles wat moontlik is in ag neem. Die tegnologie om voorspoedig te boer is hier – en ProAgri is hier om die boer van al sy tegnologie-opsies te vertel.

In hierdie splinternuwe uitgawe kyk ons na die gevestigdeblokwenner van
Karsten-boerdery in Rawsonville en hoe Agrico aan hulle besproeiingsbehoeftes voldoen het.

Ons besoek die jaarlikse KragDag gehou naby Rayton, oos van Pretoria, om nuutskeppings en vernuwende maniere om jou eie ding te doen van nader te bekyk. Ons kuier ook by ՚n boer in die Magaliesberge wat ons meer vertel van sy waterslim Ocmis-kruipspuit.

Lees ook waarom ՚n Luckhoff-boer LEMKEN-werktuie kies vir die skepping van ՚n gesonde saadbed. NAMPO Kaap skud ook sy vere reg. Vanaf Woensdag 14 September tot Saterdag 17 September 2022 sal daar vir boere en besoekers leersame en bruikbare uitstallings, debatte, praatjies en demonstrasies by NAMPO Kaap wees.

Hou die volgende uitgawe van ProAgri dop om al die nuus oor NAMPO Kaap te lees.

Boer gefokus voort en lees lekker aan hierdie uitgawe.

ProAgri groete!

Bianca Henning – bianca@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0