Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 9th February 2023

ProAgri SA 276

By 2 min read
391 words

proagri_276_february_2023_voorblad

2023 spring volspoed weg!

Die jaar het weer eens teen ‘n geweldige vinnige tempo afgeskop, van
boeredae, veilings, plaasbesoeke, Botswana toe en terug.

Een neiging in landbou wat klaarblyklik geen omdraaikans het nie, is dat toerusting groter en slimmer word. Landbou beweeg in ’n tegnologieparadys in waar Elon Musk met sy ruimteskepe tuis kan voel. En tog kom ons maar elke keer terug aarde toe, want soos die een boer by Balfour-hooidag aan my gesê het, dit maak nie saak hoe slim die trekkers, planters of werktuie is nie, as die staal waarvan dit gemaak word nie van goeie gehalte is nie, help dit niks!

Ek was so bevoorreg om onlangs besoeke by boere in Botswana af te lê. ‘n
Besoek aan Suid-Afrika se buurlande is nooit te versmaai nie. Botswana, is werklik ՚n plek van verwondering. ՚n Ongewone ervaring, elke ding wat ek gesien het, het gevoel asof dit die eerste keer is. Dit is ՚n ryk land. ՚n Rykdom van wild, veral die olifante, is hier te sien en beslis iets wat op jou moet besoeklys moet kom!

Dit was ook ՚n ongelooflike ervaring gewees om te sien hoe en wat die
boere in die gebied doen. Botswana se regering doen baie om die boere op die grond en aan die boer te hou.

In hierdie maand se propvol uitgawe kan jy meer lees oor Equalizer, die
plantervervaardiger van Kaapstad, en LEMKEN se samesmelting. Equalizer vervaardig fynsaadplanters met ՚n werkwydte van tot 24 m en presisieplanters van tot 36 rye. Reinke kondig ook hulle openingsdatum vir die splinternuwe Potchefstroompakhuis aan. Die Balfour-hooidag het vanjaar weer sy eie rekords oortref wat besoekersgetalle betref. Lees meer op bladsy 12.

Lees ook meer oor die uitdagings wat boere in die oë staar met noordelike
blaarskroei en beesboere se kommer oor snotsiekte. Dit is vir ons heerlik om oor al die tegnologie, nuus en gebeure te skryf, maar altyd met die besef dat alles niks help as dit nie reën nie, as die pryse nie reg is nie en as ons boere nie veilig met hulle werk kan voortgaan nie.

Net soos wat ՚n boer aanhou om sy passie uit te leef, sal ProAgri aanhou
om topgehalte artikels oor die jongste tegnologie in die bedryf te versprei. Ek hoor graag waarmee jy besig is op jou plaas, of wat plaasvind in jou omgewing.

ProAgri-groete!

Bianca Henning- bianca@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0