ProAgri 192 – Februarie 2016

proagri_192_februarie_2016.indd
“Geleenthede gaan by die meeste mense verby omdat dit ‘n oorpak aan het en na werk lyk.” Dit was die
uitvinder, Thomas Edison, se waarneming alreeds ‘n eeu gelede. Dit is net deur harde werk dat kommersiële
boere sukses bereik het en steeds bereik. Ek glo elke ProAgri-leser weet dit en verstaan dit.
Wat wel vreemd bly, is die hardnekkige weiering van regeringslui om hierdie eenvoudige waarheid te verstaan. Die regering het nog nie een van sy grondherverdelingsteikens van die afgelope 20 jaar bereik nie en nou is daar weer nuwe teikens op die tafel. Die hoofrede vir die mislukking is nie die onwilligheid of teenstand van grondeienaars nie, maar bloot die absolute treurigheid van die mense en instansies wat getaak is om die prosesse deur te voer en die ProAgri ontvangers van die grond, want glo dit of nie – om enige politieke ideologie tot uitvoering te bring, moet iemand ‘n oorpak aantrek en werk. Dit is baie maklik om op die groen stoel te sit en te sê die regering wil teen 2019 meer as 2-miljoen hektaar grond bekom wat onder meer aan kleinskaalse boere, plaaswerkers en plaasbewoners oorgedra sal word. Dit is nou bo en behalwe die 50% grond wat die regering wil hê boere aan hulle plaaswerkers moet afstaan.
Dit reën nie pap nie en grond spoeg nie ‘n inkomste uit nie. Jy moet jou oorpak aantrek en werk en enigeen wat dit
WIL doen, sal self ‘n plan maak om daar te wees waar hy hoort, met sy vingers in die grond en sy tone in die beesmis, want dit is waar die suksesvolle boere van vandag ook maar begin het. Die wonderlike verhale van boere,
vervoermaatskappye en andere wat die afgelope twee maande mekaar ondersteun en uitspring om te help in die tyd
van nood, gee ‘n mens hoop vir die toekoms. Ons hoop om met die artikel op bl 25 nog mense aan te spoor om betrokke
te raak en ons vertrou dat die praktiese raad van die RPO se kant af ook sal help. In hierdie uitgawe val die klem in ons vee-afdeling op voerproduksie en in ons meganisasie-afdeling vind ons uit hoe belangrik tegniese ondersteuning vir ‘n maatskappy soos John Deere is.
Geniet hierdie lekkerlees uitgawe, en boer slim met ProAgri!
Annemarie Bremner
> annemarie@proagri.co.za
Laai ProAgri 192 proagri_192_februarie_2016_WEB af