ProAgri 187 September 2015

proagri_187
Dit gons in landboukringe oor Charl Senekal, leierboer in die suikerriet- wêreld, se besluit om nie voort te gaan met die oprigting van ’n R1-miljard kragsentrale nie as gevolg van ’n grondeis op die gedeelte van sy eiendom.
As ’n mens maar net kon weet of dit darem ook in regeringskringe gons, sou dit al help, maar geen reaksie kom daardie kant af nie.
’n Mens hoef sekerlik nie verder te soek na ’n bewys oor wat die ekonomiese gevolg is van die heropening van die grondeis- proses nie. Wie wil in ’n land belê as jy geen sekerheid het oor eiendomsreg nie?
Dit is ook interessant dat mnr Senekal toe sommer dadelik deur Zambië se minister van Landbou uitgenooi is om in daardie land na geleenthede te gaan kyk.
Dit is geen wonder dat Zambië so aanlok- lik geraak het vir ontwikkelaars nie. ProAgri se eerste Zambië-uitgawe sien ook eers- daags die lig. Dit sal hoofsaaklik in Zam- bië versprei word, maar Suid-Afrikaanse boere wat ook belange daar het en graag die tydskrif wil bekom, is welkom om in te teken. Ons vra net die posgeld. Stuur gerus ’n e-pos na dupreez@proagri.co.za om dit te reël. Dit geld natuurlik vir ProAgri self ook.
In hierdie uitgawe val die klem op gewasproduksie en ProAgri is opgewonde daaroor om deel te wees van die land se eerste nasionale opbrengskompetisie wat deur Pioneer gereël word met John Deere as medehoofborg. Lees op bl 19 meer daaroor en as jy glo jou doepa gaan werk om die twee hektaar met die hoogste opbrengs te lewer, skryf in!
Soos Pioneer sê: Weeg en wen!
En soos ProAgri sê: Boer slim!
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Laai ProAgri September uitgawe hier af.