Categories: Magazine (RSA)Published On: 24th September 2015

ProAgri 186 Augustus 2015

By 2 min read
319 words

proagri_186

“Ons boer, want dit is wat ons doen. As boer moet jy die ewige optimis bly.” Aan die woord is Mick Selby van Cena Farms in Zambië, een van die groot korpora- tiewe plaasondernemings in die Mkushi-streek noord van Lusaka.    

Ek het onlangs die streek besoek om bietjie navorsing te doen en inligting te kry vir ProAgri se eerste Zambië- uitgawe wat in die lente sy verskyning gaan maak. Zambië word die afgelope jaar of wat beskou as die Utopia van land- bou-ontwikkeling in Afrika met ’n landbouvriendelike regering en maatskappye wat derduisende dollar belê in ontwikkelingsprojekte of die vestiging van kommersiële plase.  

Maar die vrugbare land het ook sy probleme. Drie jaar se droogte of veranderde reënpatrone het sy merk gelaat, nie net op die grondwatervlakke nie, maar ook op buurmanskap, met boere wat almal dieselfde water uit dieselfde rivier ewe nodig het. Mick sê daar word nou groot planne gemaak om nog damme te bou sodat die rivier- water beter benut kan word vir besproeiing.    

Solank ’n boer ’n plan kan maak, sal hy aanhou boer en Afrika is altyd ryp vir planne, want dit bied voorwaar vrugbare grond vir uitdagings! En ons hou darem die wêreld aan die praat, al is dit nou oor die etiek van leeujagtery.  

Ek wil nie ook in die debat rondom oorle Cecil die leeu betrokke raak nie, want ek dink al die argumente is al oor en oor gevoer, maar ek dink wel die wêreld sal voor- waar ’n beter plek wees as almal net so onsteld raak oor die moorde op “geblikte” boere as oor die jag van geblikte leeus.  

’n Jong boer het onlangs vir my gesê hy hou daarvan om ProAgri te lees, want dit is altyd vol planne. Ek vertrou die uitgawe se planne werk vir jou.

Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Laai ProAgri Augustus hier af.

 

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0