ProAgri 185 Julie 2015

proagri185_web
Strooptyd is bietjie soos eksamen skryf. Wanneer die stroper die korrels van die kaf skei en die skaal begin praat, kom ’n hele jaar se werk, na- vorsing en besluite bymekaar in ton per hektaar.
Met dié seisoen se droogte vertel van die boere in die wes- telike streke dat hulle maar so 1,2 tot 1,5 ton per hektaar wen. Maar met tipiese boeregeesdrif reken hulle op die skaarste en die prys om hulle deur te dra. “Hier is nie witmielies nie, kyk maar wat die prys gaan maak,” sê ’n boer van Ottos- dal vir my. Teen droogte kan geen boer homself totaal verskans nie, maar daar is kultivar- keuses en praktyke wat gevolg kan word om die invloed te versag. Die feit bly, ’n saaiboer moet saai en elke pit wat hy plant moet tel.
Tegnologie is daar om te help en ProAgri het dit geniet om weer by Val-boeredag na demonstrasies van die tegnologie te gaan kyk. Ons kan ’n hele boek volmaak met alles wat ons daar gesien het, maar ek glo ons sal deur die loop van die jaar meer nuus kan bring van al die verskaffers af. Nog ’n risiko wat boere maar moeilik kan bestuur, is ideologies gedrewe politieke besluite en uitsprake soos Gwede Mantashe se rewolusionêre teruggryping na die Freedom Charter.
Ons beaam graag Louis Meintjes, president van TLU SA, se slotsom in sy openhar- tige brief aan Mantashe: “Intussen moet u kennis neem dat ons boere in die land is om te bly. Ten spyte van u, die regering, die ANC, die SAKP, Cosatu of wie ook al se vyandelikhede teen ons, sal ons voortgaan om ons roeping, waarvoor ons ʼn passie het, uit te leef. Dit is om te boer, en om selfs toe te sien dat u elke dag kan smul van die vette wat die boere produseer.” Hoe sê die oumense?
So ’n bek moet jêm kry!
Boer slim!
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za