ProAgri 183 Mei 2015

proagri_183_mei_WEB
74-miljoen. Dis hoeveel meer mense daar tans elke jaar op die aarde is, met ander woorde die bevolkings- groei. Hierdie mense vervang nie ander wat doodgaan nie, hulle kom by!
Die Verenigde Nasies beraam dat daar teen 2050 9-biljoen mense die onder- maanse gaan bewandel, mits die gemiddelde geboortesyfer van 2,5 tot 2 kinders per vrou daal. Dit is iets wat al lankal in die ontwikkelde wêreld gebeur het, maar nie in die derdewêrellande nie, veral nie in sub-Sahara Afrika nie, waar die grootste bevolkingsgroei verwag word. Dit gaan ook nie net oor geboortesyfers nie; mense leef langer en lekkerder. Dit beteken daar is nie net meer mense wat kos en water en energie gebruik nie, elke mens gebruik ook meer kos en water en energie as wat sy voorgangers gebruik het.
Die arme aarde steun en kreun onder hierdie las en hoewel regerings lief is vir lippetaal oor die beskerming van die omgewing, is dit omtrent net die sonpaneelbe- dryf wat groei. Mense kry dit reg om waterstofkarre in hulle agterplase te bou, maar gevestigde oliebelange beteken dat die tegnologie nie kommersieel beskikbaar is nie. Die hele politieke magsbalans in die wêreld sal versteur word as regerings regtig begin omgee vir die aarde.
Maar wat beteken dit alles vir ons? Wel, solank ons boere in die vyandige landbou- omgewing waarin ons onsself bevind kan aanhou presteer en produseer soos die afgelope 300 jaar, is die landboubedryf in Suidelike Afrika sekerlik een van die beste bedrywe om jouself in te bevind.
Hier is nie net die meeste nuwe monde wat gevoed moet word nie, hier is ook die meeste groeigeleenthede vir landbou, want die grond noord van die Limpopo lê en wag om bewerk te word. Dit is nie meer vreemd om ’n Suid-Afrikaanse boer of ver- teenwoordiger van ’n landboumaatskappy in Zambië of Tanzanië raak te loop nie en al wat nog kortkom, is ’n behoorlike goue hoofweg vir die vervoer van produkte. Ek glo dat hierdie nuwe groei ook vanjaar weer by Nampo gesien sal kan word in verkope, want suksesvolle boere benodig voortreflike tegnologie.
Boer slim!
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Laai ProAgri 183 hier af