ProAgri 181 Maart 2015

proagri_181_maart_web
Die droogte het glo die regering genoop om weer oor sy prioriteite te dink, het Sen- zeni Zokwana, minister van Landbou, Graan SA se kongres ingelig. “Sonder produksie is daar nie kos nie. Ons is almal saam in hierdie ding,” het hy gesê. Hierdie een- voudige waarheid is presies wat landbou-orga- nisasies nou al die afgelope twee dekades vir die regering en sy amptenare probeer vertel.
Ek is dankbaar dat daar klaarblyklik uiteindelik insig is, maar ek wonder of die insig die volgende politieke krisis of verkiesing sal oorleef. Ek glo dit was Margaret Thatcher wat gesê het die probleem met sosialisme is dat diegene wat gee later nie meer iets het om te gee nie. Die vraag is, wat dan? As droogte die hamer is wat die spyker inslaan, dink net wat gaan hongersnood doen… Ons almal in die landbouwaardeketting, waarvan ProAgri ook deel is, sal verseker ons bes doen om te sorg dat produksie voortgaan.
Die droogte stel nie net ’n toets aan ons boere nie, maar dit is nou die tyd vir die regering om daad by die woord te voeg. Verlig minstens die boere se loonrekeninge deur subsidies, soos deur Graan SA versoek, of help met finansiering sodat die mense wat kan boer op die grond kan bly. Ondertussen bly almal op die uitkyk na nuwe geleenthede of besparingsmoont- likhede deur meganisasie of ander energiebronne soos die son. ProAgri bring graag nuus oor hierdie geleenthede en ons nooi enige landbouverskaffer uit, veral in aanloop tot Nampo, om van ons landwye voetspoor gebruik te maak om sy produkte bekend te stel. Kontak gerus een van ons bemarkers.
So tussen al die ernstige sake deur het ons na vele versoeke weer vir Dom Boer opgeroep om ons te laat AgriLag (bl 22). Geniet dit.
Boer slim!
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Laai ProAgri 181 hier af.