Pöttinger-snyertegnologie loop ver voor: Valtrac sny sy pad oop in boere se harte
Enige boer se droom is om die meeste uit elke halm te verkry, tesame met verteerbare en voedsamer voer vir sy diere. Nie net voldoen Pöttinger se snyers aan boere se drome nie, maar draf ook soos ՚n droom deur enige gewas.
Valtrac is die betroubare verskaffer van Pöttinger-toerusting. Die mense van Valtrac weet dat snywerk flink en vinnig afgehandel moet word in die klein venstertydjies wat die weer toelaat. Hulle boer immers self. Vir ՚n melkboer in die hartjie van die Tsitiskamma is dit baie belangrik dat die potensiaal van sy plaas tot die maksimum benut word en om te sorg dat daar deurlopend voldoende kos vir die beeste beskikbaar is. Valtrac se kliëntebasis is hoofsaaklik die melkboere in die omgewing en dit is daarom ՚n groot verantwoordelikheid vir hulle om seker te maak dat hulle aan boere betroubare trekkers en snytoerusting bied.
՚n Paar boere en kontrakteurs in hierdie omgewing gesels oor wat vir hulle uitstaan aan Pöttinger se snyers:
Een van die kontrakteurs in die Tsitiskamma distrik meen: “Soos met enige kontrakteurwerk is tyd ՚n groot faktor en slytasie is jou vyand, so ons probeer gebruik maak van betroubare en die hoogste gehalte toerusting om ons werk so goed as moontlik te doen, met so min as moontlik staantyd.”
Een van die boere brei uit oor waarom spesifiek hy op die Pöttinger 351/301 Alpha Motion-snyers besluit het: “Die feit dat jy twee keer meer snywerk kan doen met die snyers wat voor- en agter gemonteer word, waar ander snyers slegs een se werk doen, maak soveel meer sin vir my. Dit is nou slegs een trekker wat twee trekkers se werk doen. Dit bespaar tyd en dit is meer doeltreffend. Die trekker trap ook nie materiaal wat gesny moet word plat nie.
“Die eerste ding waarna ՚n mens ook kyk buiten wat die toerusting vir jou bied, is natuurlik die kostes. Ek kan getuig daarvan dat die waarde vir geld wat ons uit die toerusting van Valtrac kry, dit werklik die moeite werd maak,” vertel ՚n ander boer.
Pöttinger se snyertegnologie, wat versprei word deur Valtrac, het duidelik ՚n blywende indruk gemaak op boere in die Tsitiskamma-distrik. Die kombinasie van betroubaarheid, doeltreffendheid en waarde vir geld maak hierdie toerusting ՚n onontbeerlike hulpmiddel vir enige boer wat sy plaas se potensiaal ten volle wil benut.
Vir meer inligting oor Valtrac se kostedoeltreffende toerusting en trekkers, besoek hulle webwerf by
www.valtrac.co.za, alternatiewelik kan jy kontak maak met Attie de Villiers by (+27)83-261-9863 of (+27)56-817-8006, of stuur ’n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za