Plant BRAZGrass vir weiding vir jou vee

BrazGrassStill009
Soek jy weidingsgras vir jou jou vee? Dan is BRAZGrass die antwoord. Hierdie saad kan eenkeer elke sewende jaar geplant word.
Die kundige span van BRAZGrass is daar om jou te help, om ‘n spesiale plan uitwerk vir jou diere volgens jou behoeftes.
“BRAZGrass was een van die heel eerste saadmaatskappy wat proewe geplant het by NAMPO,” sê Gielie Nieuwoudt, besturende direkteur van BRAZGrass.
Soos oudergewoonte was hulle weer vanjaar by NAMPO Oesdag.
“Dit is ‘n wonderlike voorreg om by NAMPO te kan wees,” voeg Gielie by.
“Ons het 200 000 hektaar wat bewei word in Suid-Afrika, maar die saad is geskik vir byna alle grondtoestande in Afrika,” sê Gielie.
Hulle is veral bekend en gewild in Afrika-lande soos Swaziland, Namibië, Botswana, Zambië, Zimbabwe, Mosambiek, die Kongo, Kenia, Tanzanië, Nigerië, Angola en hulle het verspreidingspunte regoor Suid-Afrika.
BRAZGrass se saad maak gebruik van bullet-tegnologie. Dit is ’n verpillingsmetode wat verseker dat die saad eers begin ontkiem wanneer daar genoeg vog in die grond is en dan keer niks die BRAZgrass nie.

Gielie Nieuwoudt vertel vir ProAgri meer oor BRAZGrass se gras en waarom boere dit moet plant.
Belangrike eienskappe van BRAZGrass sluit in:
- Dit is ՚n meerjarige gewas, wat 80 tot 90 dae vanaf aanplanting beweibaar is
- Droëmateriaalopbrengs wissel tussen 15 en 40 ton per hektaar per jaar
- Bevat 10 tot 18% ru-proteïen in droëmateriaal
- Bevat geen blousuur
- Geskik vir alle vee en wild
- Die maatskappy is die enigste verspreider van bullet-saad ter wêreld.
BRAZGrass het drie verskillende produkte: Brachiaria Marandu, Panicum Mombaca en Brachiaria Piata. ‘n 10 kg sak plant 5 tot 7 hektaar en kan laat in die lente tot hoogsomer geplant word met ‘n fyn saadplanter of gestrooi word met ‘n kunsmisstrooier.
Kontak Gielie Nieuwoudt by 084-800-0193, of die kantoor by 074-537-4050 vir meer inligting oor die gras – weiding is wins. Jy kan ook ՚n e-pos aan gieliegroep@gmail.com stuur. Vir meer inligting, besoek hulle webwerf by www.brazgrass.co.za.