Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 1st December 2022

Pioneer: Koue stres tydens ontkieming by mielies

By 3 min read
388 words

p3

Opsomming

• Die koue beserings lei tot verlaagde stand en dan tot `n verlaging van opbrengs.

• Dus koue in die vroeë seisoen het `n baie groot invloed op die ontwikkeling van mielies.

• Veranderinge in grondtemperatuur is `n faktor wat mielies na planting onder stres plaas.

Hoe begin die lewe van `n mielie plant?

Wat beheer ontkieming?

Wat het gebeur met die pit na plant tot opkoms?

Imbibisionale koue besering “imbibitional chilling injury”

• Imbibisionale koue besering veroorsaak fisiese skade aan die pit.

• Die ontkiemingsproses benodig hitte eenhede.

• Koue, nat gronde benodig meer hitte eenhede om grond te verhit tot 20 ̊C / 25 ̊C.

• Saadverrotting kom voor in koue gronde as die temperatuur onder 13 ̊C is.

• Tydens imbibisie, met temperature laer as 13 ̊C, begin die metaboliese aktiwiteite in die pit afneem.

• Die pit lê in die grond en neem water op sonder dat enige metaboliese prosesse aktief is.

• Dit veroorsaak dat die selmembrane begin breek en die proteine begin uitlek in die grond soos in figuur 2.

Figuur 2. Gebroke selmembraan waar protein uitlek in die
grond.

Waarom is mielies sensitief vir vroeë seisoen koue stress?

• Mielies is `n warmseisoen gewas – optimale temperature vir ontkieming is vanaf 25 ̊C; met ander woorde, dit is altyd onder `n sekere mate van koue stres.

• Langdurige blootstelling aan temperature onder 10 ̊C bevorder saaddegenerasie en saailingsiektes. • Skommeling in grondtemperature van slegs 3 ̊C kan mesokotiel groei beinvloed.

• Die koue spel kan veroorsaak dat pitte onder die grond vrot, die pitte dood gaan voor of net na ontkieming.

• Sodra die grondtemperature weer verwarm na `n koue spel, kan die selmembrane herstel en normale ontkieming kan plaasvind.

• As die grondtemperature laag bly, verhinder dit die herstel van die selmembrane en degenerasie vind plaas.

IMBIBISIONALE KOUE VEROORSAAK:

• Dood van saad

• Swak saailing

• Vertraagde opkoms

• Kurktrekker vorm

• Swel maar nie ontkiem nie

• Breek selwande

• Stel saad bloot aan verrottende patogene in die grond

• Die patogene val die saad aan en maak dit dood

• Verskeie patogene is baie aktief in koel, nat gronde

KOUE BESERING GEKOMBINEERD MET FISIOLOGIESE SKADE SOOS:

• Gekompakteerde grond

• Korslaag

• Misplasing van kunsmis

• Vlak plant

• Is `n volslae resep vir onvoldoende opkoms probleme

Koue imbibisie lei tot:

1. Misvormde blare

2. Verrimpelde koleptiel

3. Verdikte koleptiel

4. Blare maak oop onder die grond

5. Kurktrekker vorm

6. Koleoptiel wat langs die kant uitbars

7. Geswelde sade wat nie ontkiem nie

8. Koleoptiel wat dood is as gevolg van koue

9. Vergeling van saailinge

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0