Categories: DieregesondheidPublished On: 4th December 2024

PhosSure – U weerbestande Fosfaat aanvulling

By 3 min read
630 words

331059129_1661374070984808_383468241803500301_n

Dit is wel bekend dat Suid Afrika ’n fosfaat arme land is en die aanvulling van fosfaat gedurende veral die somer maande is niks nuuts vir boere nie.  Sout fosfaat lekke word op ’n daaglikse basis aan weidende diere voorsien om te verseker dat hulle, hulle optimale produksie en reproduksie vermoë bereik.

Lek wat egter onnodig weggegooi moet word omdat dit natreën en muf kan vir produsente groot kopsere en finansiële verliese veroorsaak.

Fosfaat (P) is die mineraal wat die tweede meeste (naas Kalsium) in die liggaam voorkom.  Dit is teenwoordig in alle liggaamselle (meestal in die skelet) en is belangrik vir bykans elke biochemiese proses in die liggaam.  Behalwe dus vir ‘n basiese P behoefte, sal enige produksie soos byvoorbeeld groei of laktasie,  addisionele fosfaat vereis.

Somerweiding bevat normaalweg voldoende energie en proteïene, maar kan ongelukkig nie in die hoë fosfaat behoeftes van produserende diere voorsien nie.   Fosfaataanvulling in die somer is dus baie belangrik om die gaping tussen die diere se behoeftes en dit wat die veld kan voorsien te oorbrug.

 Fosfaat Aanvulling

Daar is vandag ‘n groot verskeidenheid P bronne op die mark beskikbaar vir die Suid-Afrikaanse boer om van te kies.  Hierdie kan wissel van klaargemengde P6 of P9 produkte tot P12 konsentrate vir selfmeng van lekke.  Die keuse van ‘n fosfaat produk sal egter deur meer as net die koste van die fosfaatbron per sak bepaal word.  Toegevoegde waarde soos die insluiting van spoorminerale, weerbestandheid, konstante samestelling en Tegniese rugsteun is maar van die faktore wat by die aankoop van voerfosfate oorweeg moet word.

Wanneer ’n fosfaat produk gekies word, moet die hoeveelheid reën in die omgewing een van die faktore wees wat in ag geneem moet word.  Boere lei dikwels groot verliese as gevolg van lekke wat tydens die reënseisoen natreën en dan muf.  Hierdie lekke raak onsmaaklik en die inname daarvan neem af.  Die lek moet dan weggegooi word en vervang word met nuwe lek.  Dikwels word gevind dat boere juis om hierdie rede, glad nie fosfaatlekke in die somer gee nie.  Alhoewel herkouers die vermoë het om fosfaat vanuit hulle skeletreserwes te mobiliseer, kan hierdie reserwes nie vir altyd hou nie en moet dit op ‘n konstante basis aangevul word. Die fosfaatbehoefte by diere hou direk verband met die energiebehoefte en dus die produksiestatus wat gehandhaaf word.  Hoe hoër die produksiestatus van diere bv. groei, laktasie en dragtigheid (soos wat traditioneel in somerreënval gebied voorkom), hoe hoër is die fosfaatbehoefte.

PhosSure

Yara Animal Nutrition het as deel van hulle produkreeks ‘n unike, weerbestande produkte naamlik PhosSure.  Hierdie produk word van ’n hoë kwaliteit, MDCP gemaak. ’n Unieke sproeigedroogde melasseproduk word bygevoeg om die produk weerbestand te maak en smaak daaraan te gee.  Wanneer hierdie produk natreën, word ’n harde lagie bo-op die produk gevorm.  Hierdie harde lagie keer dat water die produk binnedring en dit beskadig.  Na die reën kan diere die harde lagie breek en die droë, onbeskadigde lek daaronder verder vreet – dus geen lek wat muf en weggegooi moet word nie.

PhosSure is verryk met die belangrikste spoorminerale in die regte verhouding tot fosfaat en is beskikbaar as ’n klaargemengde gereed om te gebruik PhosSure 6 of as PhosSure 12 konsentraat wat 50/50 met sout afgemeng kan word.  PhosSure 6 en 12 se samestellings is as volg:

Tabel 1 – PhosSure 6 & 12 samestelling

g/kg g/kg
Fosfaat (min) 60 120
Kalsium (maks) 120 240
mg/kg mg/kg
Kobalt 3 6
Koper 300 600
Jodium 15 30
Mangaan 1200 2400
Sink 1200 2400
Selenium 8 16

Die volgende miniumum innames word vir PhosSure 6 en PhosSure 12 met sout aanbeveel:

Tabel 2 – Minimum aanbevole inname

Tipe dier Beeste (g/dag) Skape (g/dag)
Nie-lakterende volwasse diere 100 18
Groeiende, Laatdragtig 125 22
Lakterend 200 – 240 36

 

Koop die oorspronklike naam wat u ken, koop PhosSure!

Vir verdere inligting oor fosfaataanvulling kontak ‘n Yara Animal Nutrition voedingkundige by 082 322 0333.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0