Petrolpryse gaan alweer styg – nog druk op voedselpryse

brandstof
Volgens die voorlopige ramings gaan petrol met 14 sent en dieselpryse met 47 sent op 6 Julie 2016 styg.
Die prys van petrol (95 ongelood) is dan R13,40 per liter. Die dieselprys (0,05 dpm) kan tot R11,75 per liter styg.
Die hoofoorsake van die styging is die Rand/Dollar-verhouding en die brent ru-oliepryse.
Brent ru-olie is gemiddeld $49.93 per vat in Junie 2016 en dit is 5% meer as die vorige maand. Die Rand het wel met 2% versterk in June 2016 en is R15,10 teen die Dollar.
In graanproduksie is diesel min of meer 11% van die totale produksiekoste.
Die brandstofpryse wat styg gaan ook die voedselpryse laat styg aangesien die graan vervoer moet word.
Bron: Agbiz