PANNAR wys nuwe kultivars

xx
Reëlmatige, goedgevulde staatmakerkoppe van die geelmieliebaster in die medium-vinnige groeiklas, PAN 5A-182. Hierdie konvensionele baster lewer goeie produksie in al die streke onder besproeiing en op droëland, en toon goeie algemene siekteverdraagsaamheid.
Verstommende groei het in die saadbedryf plaasgevind sedert die “goeie ou dae” toe ons mielies met digterlike name soos Hickory King, Potchefstroom-pêrel, Natal-agtryblinkpit en Wit Wisconson-duikpit geplant het. Hoe romanties daardie mooi name ook al klink, met hulle opbrengs en groei-eienskappe sou geen boer vandag winsgewend kon boer nie. PANNAR se saadtelers is voltyds besig met ontwikkeling om die boer deurgaans beter kultivars met meer
siekteverdraagsaamheid, hoër opbrengs en groter gebiedsaanpasbaarheid te bied sodat ons boere steeds winsgewend kan boer. PANNAR bied die volledigste gewasen saadportefeulje in Afrika, gerugsteun deur meer as 50 jaar se kennis
en ondervinding in gewasproduksie in Afrika se uiteenlopende en uitdagende toestande. Boonop gee PANNAR boere goeie raad oor praktiese boerderyoplossings om produksie te verbeter en die risiko’s en uitdagings ten beste te
bestuur om volhoubaar te boer. PANNAR se leuse is immer: Saam boer ons vir die toekoms. By PANNAR se onlangse gewasextravaganzas kon boere weer kennis maak met opwindende nuwe kultivars.
Nuwe witbasters
PANNAR se witbasterpakket beskik oor goeie prestasie, aanpasbaarheid en stabiliteit vir goeie risikobestuur.
PAN 5A-291, PAN 5R-591R en PAN 5R-791BR:
Hierdie groep vinnige witbasters word vir droëlandaanplanting aanbeveel. Hulle almal is sterk meerkoppig en vul
die BG 5285-reeks basters goed aan. Hulle is goed aangepas op die sandgronde van die Noordwes-Vrystaat en word as deel van die hoofaanplanting aanbeveel.
PAN 6B-465B en PAN 6Q-865BR:
Die nuwe witbasters in die medium groeiklas beskik oor die tweedegenerasie MON89034 stronkboorderweerstandsgene vir selfs beter beheer van stronkboorders. Die dubbelaksie van MON89034 behoort vir ‘n lang tydperk insekweerstand in hierdie basters te ondersteun. Die basters word veral vir die westelike produksiegebiede aanbeveel. PAN 6B-465B is soortgelyk aan PAN 6Q-445B en PAN 6Q-345CB, terwyl PAN 6Q-865BR soortgelyk is aan PAN 6R-845CBGT. Dit is by uitstek droëlandbasters wat goed aangepas is vir al die mielieproduserende gebiede. Hulle word as deel van die hoofaanplanting in die Noordoos-Vrystaat, Noordwes-Vrystaat en Noordwesproduksiestreke aanbeveel. Aanplanting voor die middel van Desember word in die gebiede aanbeveel. Die pakket word ook as deel van die hoofaanplanting vir die Oostelike Hoëveld asook vir die noordelike
gematigde en misgordelgedeeltes van KwaZulu-Natal aanbeveel. Die beste prestasie sal verkry word as hierdie
basters binne die optimale plantperiode vir hierdie gebiede geplant word. Hierdie basters bied goeie weerstand
teen diplodia kopvrot, grysblaarvlek en kop- en pluimbrand. Dit beskik oor ‘n goeie staanvermoë en is sterk meerkoppig.

PAN 6Q-865BR spog met die tweedegenerasie
MON89034-stronkboorderweerstandsgene
vir selfs
beter beheer van stronkboorders. Dit
is ‘n wit medium-groeier wat veral
vir die westelike produksiestreke
aanbeveel word.
Nuwe geelbasters
Die geelmieliepakket van ultravinnige, vinnige en medium basters vorm ’n gedugte pakket vir goeie langtermynrisikoverspreiding. PANNAR se ultravinnige geelbasters is staatmakers onder besproeiing in al die produksiegebiede en op droëland in die oostelike produksiestreke.
PAN 4B-376B:
Die nuwe geelbaster in die vinnige groeiklas beskik oor die tweedegenerasie MON89034 stronkboorderweerstandsgene vir selfs beter beheer van stronkboorders. Dit is soortgelyk aan PAN 4R-576R en PAN 4R-776BR. Dit is by uitstek ʼn droëlandbaster wat goed in die produksiegebiede van die Sentrale Hoëveld, Oos-Vrystaat en die koel dele van KwaZulu-Natal aangepas is. Dit toon goeie weerstand teen Phaeosphaeria blaarvlek. Dit het ‘n goeie staanvermoë en toon geen sensitiwiteit teenoor sulfonielureum nie. Die YieldBoost- swamdoderspuitprogram word in gebiede waar blaarsiektes gewoonlik verwag word, aanbeveel vir optimale produksie.
PAN 5A-182:
Die geelbaster in die medium-vinnige groeiklas kan op droëland en onder besproeiing aangeplant word. Dit is ʼn
konvensionele baster wat goeie prestasie lewer en goed aangepas is vir al die produksiestreke. In Noordwes behoort dit egter net op hoëpotensiaalgronde geplant te word. Goeie algemene siekteverdraagsaamheid en verdraagsaamheid teen kopvrot.

Reëlmatige, goedgevulde staatmakerkoppe
van die geelmieliebaster
in die medium-vinnige
groeiklas, PAN 5A-182. Hierdie
konvensionele baster lewer goeie
produksie in al die streke onder
besproeiing en op droëland, en toon
goeie algemene siekteverdraagsaamheid.
PAN 6B-410B en PAN 6R-710BR:
Die nuwe geelbasters in die medium groeiklas beskik oor die tweedegenerasie MON89034 stronkboorderweerstandsgene vir selfs beter beheer van stronkboorders. Die dubbelaksie van MON89034 behoort insekweerstand in hierdie basters vir ʼn lang tydperk te ondersteun. Die basters het dieselfde genetiese agtergrond as PAN 6Q-408CB. Hierdie basters lewer baie goeie resultate op droëland, met goeie stabiliteit in die oostelike en westelike produksiestreke. Dit is belangrik om die reeks mediumbasters teen die aanbevole plantestand vir die betrokke produksiestreek aan te plant. Wees versigtig met te hoë plantdigtheid wat die reeks se prestasie kan benadeel. Onder besproeiing of met aanvullende besproeiing pas die basters goed in waar slegs ’n enkele oes van mielies verbou word. Goeie weerstand teen roes en noordelike blaarskroei (NCLB). Beskik oor goeie staanvermoë en droogteverdraagsaamheid. Toon nie sensitiwiteit teenoor sulfonielureum teen die aanbevole dosis nie.
Nuwe sonneblombasters
PANNAR handhaaf landswyd ’n uitstekende prestasierekord in die LNR se nasionale proewe. Vir die afgelope
twee jaar het PANNAR vier uit die top vyf sonneblombasters in die LNR se nasionale proewe gelewer. Die konvensionele sonneblompakket is bekend vir baie goeie prestasie, stabiliteit en gebiedsaanpasbaarheid. PANNAR
bemark ʼn volledige reeks hoë-opbrengsbasters met die CLEARFIELD®- geen asook basters met die CLEARFIELD®-PLUS-geen. Die basters met die CLEARFIELD®-PLUS-geen is ʼn verbetering op CLEARFIELD®. Die PANNAR-pakket beskik ook oor hoëoleïensuur- basters (hoë mono-onversadigde olie-inhoud) vir die produksie van gesonder olie wat beter geskik is vir diepbraai. Die tipe olie is besig om ’n al hoe groter rol in Europa en die VSA te speel as ’n gesonder alternatief.
PAN 7158HO:
Hierdie is ʼn mediumseisoen hoëoleïensuur- baster (oleïeninhoud van 80% en hoër) met baie egalige plante, wat goed aangepas vir al die sonneblomproduks
iestreke. Die baster is geskoei op die genetiese model van PAN 7080 en is hoogs mededingend met die konvensionele reeks basters.
Nuwe sojaboonkultivars
PANNAR se veelsydige pakket van verskillende groeiseisoenklasse bied die optimale kultivar vir elke plantdatum
in al die produksiegebiede. PANNAR het toegang tot die beste kommersiële sojaboonkultivars en pre-kommersiële
lyne van regoor die wêreld asook plaaslik ontwikkelde lyne. PANNAR se beleid is om die beste moontlike kultivars in die Suid-Afrikaanse mark vry te stel, ongeag vanwaar hulle afkomstig is. PANNAR-kultivars het vyf jaar agtereenvolgend die top prestasieposisie in al die streke en oor al die streke heen behaal. PANNAR is tans besig om ʼn hele nuwe reeks sojabone in te faseer, wat betekenisvol beter as die huidige kommersiële kultivarpakket presteer. Hierdie is opwindende nuus vir die verbetering van boerdery-winsgewendheid deur verhoogte opbrengste.
PAN 1532R:
Die kultivar in die vinnige groeiseisoenklas word vir aanplanting in die koel en gematigde produksiestreke
aanbeveel. Dit vertoon baie goeie en stabiele prestasie in al die produksiestreke. Dit is ook ʼn uitstekende keuse onder besproeiing. PAN 1532R het ʼn regop planttipe wat dit ʼn goeie keuse maak waar produksiepraktyke hoë plantbevolking en nou rye vereis. Dit het ‘n baie goeie staanvermoë en stroop maklik.

‘n Belowende nuwe sojabaster vir baie goeie en stabiele prestasie in al die produksiestreke is die vinnige groeier, PAN1532R.
PAN 1521R:
Die opwindende nuwe veelsydige kultivar lewer buitengewoon stabiele opbrengsprestasie oor seisoene in al die produksiestreke. Dit is ewe goed aangepas vir die koel, matige en warm produksiegebiede. Hierdie kultivar
beskik oor ʼn wenkombinasie van opbrengsprestasie en goeie agronomiese eienskappe.
PAN 1623R:
Hierdie is ʼn opwindende nuwe opbrengsleier! Dit pas in die laatgroeiseisoenklas en word aanbeveel vir vroeë aanplantings in die gematigde en koel produksiestreke. PAN 1623R word aanbeveel as hoofaanplanting in warm droëland- en besproeiingsproduksiegebiede. Dit is ʼn sterk, robuuste plant wat die rye vinnig toemaak en dit ontwikkel ʼn sterk wortelstelsel.
Praat met jou naaste PANNARverteenwoordiger oor die produkte wat PANNAR jou kan bied, of
skakel 033-413-9500 of e-pos infoserve@pannar.co.za vir meer inligting. Besoek ook www.pannar.com.

AK Geldenhuys en Joe Payne is twee
van PANNAR se slimkop-landboukundiges.
Joe vertel hy het sy eerste
PANNAR-dag as standerdsessie in ‘n
groep van Hoërskool Delmas bygewoon.
Hy was so beïndruk met alles
wat PANNAR gewys het en veral met
hulle professionaliteit dat hy net
daar besluit het dit is die maatskappy
by wie hy eendag wil werk – en
vandag is hy deel van die wenspan.
