Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 7th August 2023

Pannar Saad jaar na jaar by Val Boeredag

By 2 min read
416 words

pannar-1

Met sonop het Pannar se span reeds slaggereed by hulle Val Boeredag-stalletjie gestaan, bewapen met kundigheid en kleurvolle baniere wat Pannar se nuutste saadvariëteite en mieliekoppe vertoon. Boere van regoor die streek het na die geleentheid gestroom om meer te leer oor ontwikkelings in landboutegnologie, en daar was ‘n tasbare gevoel van afwagting in die lug.

Vanjaar se Val Boeredag was die grootste nog en Joe Payne, streekbestuurder vir die Oostelike Hoëveld en Limpopo by Pannar Saad, het gesorg dat hy en sy span lekker met die boere kon kuier. Pannar neem al meer as 25 jaar deel aan Val Boeredag, vandat dit die eerste keer tussen die bome gehou is.

Dit is vir my lekker om al ons boere by Val Boeredag te verwelkom. Hierdie dae bied aan ons die geleentheid om klante van aangesig tot aangesig te ontmoet en ons kennis te deel deur die nuutste boerderytegnologie en kultivars ten toon te stel, sê Joe.

“Ons het vanjaar boere ingelig oor die voordele van die rewolusionêre nuwe PowerCoreTM-tegnologie en hoe dit hulle gewasse kan beskerm teen enige lastige insekte wat bogronds leef,” verduidelik Joe. Groot insekbevolkings het die lewe vir boere in die noordelike streke moeilik gemaak; hierdie tegnologie is spesifiek op hulle gerig.

Pannar verskaf ՚n verskeidenheid hoëpresterende mieliebasters en ander gewasse wat oor baie jare beproef en getoets is om te floreer in elke streek se unieke klimaat en grondtoestande. Daarby fokus hulle op oesbeskerming en die beste voedingsprogram vir ‘n betroubare en produktiewe oesopbrengs.

Meer oor Pannar se PowerCore™-kultivars

Nuwe mieliebasters wat PowerCore™ se tegnologie gebruik is tans beskikbaar. Die glifosaatverdraagsaamheid is ‘n bewese, gerieflike onkruidbeheervoordeel, en die PowerCore™-tegnologie help ook om die mieliestronkboorder (Busseola fusca) en die Chilo-boorder (Chilo partellus) te bestry met verbeterde Insekweerstandige Bestuur (IRM).

PAN 1502R (MG 5.2) is ‘n nuwe vinnige variëteit sojabone, en PAN 1507R (MG 5.5) en PAN 1586R (MG 5.9) is nuwe medium variëteite wat goed werk met PAN 1521R (MG 5.7), PAN 1555R (MG 5.7), en PAN 1588R (MG 5.9).

Vir boere wat presterende sonneblomme wil plant, is daar heelwat keuses tussen konvensionele basters en basters met die Clearfield® Plus-eienskap. Vroeër plant- en blomtye kan gebruik word om vatbaarheid vir sclerotinia-besmetting te verminder.

Vir meer besonderhede kontak gerus jou naaste Pannar-verteenwoordiger. In die Oostelike Hoëveld en Limpopo is Joe Payne by (+27)82-456-8120 of Carl Otto by (+27)79-523-9980 gereed om boere in te lig oor die nuwe saadtegnologie.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0