P2849WPW – ‘n Nuwe Pioneer Witmielie Kultivar vir die Westelike Droëland Produksiegebied

Picture1 pioneer
Deur Johan Kock – Pioneer Produk Landboukundige
Die doel van Pioneer is om die lewens van almal wat voedel produseer en verbruik te verreik. Dit is ‘n poging om vooruitgang te verseker vir toekomstige generasies wat die aarde bewoon. Sonder diepgewortelde kernwaardes wat oor jare ontwikkel het, sal Pioneer nie hierdie lewensbelangrike doel kan bereik nie.
Die teling en ontwikkeling van ‘n nuwe produk (mieliekultivar), veral waar daar nuwe tegnelogie ter sprake is, word dus met omsigtigheid en verantwoordelikheid bestuur vir almal se voordeel. Waardes soos veiligheid en verantwoordelikheid teenoor die omgewing is hier van uiterste belang. ‘n Nuwe produk word verantwoordelik getoets en aangewend, want Pioneer is “upstanding” en neem aanspreeklikheid vir die produk se invloed op omgewing en prestasie. As Pioneer familie bou ons saam tot sukses met innovering en kreaktiwiteit om oplossings te vind wat genoegsaam kwaliteit voedel vir die toekoms kan bied. As leier volg Pioneer ‘n rol van “Stand Tall” deur alles te doen om te verseker dat die Landbou as industrie vorentoe beweeg. Operasionele dissepline soos die nakom van tegnologie ooreenkomste, plant van toevlugsoorde en die etiese toepassing van die IPM program word as hoë prioriteit beskou.
Teen hierdie agtergrond word Pioneer se nuwe PowerCore™ produk – P2849WPW – bekend gestel.
P2849WPW
P2849WPW is ‘n lang groeiseisoen kultivar wat goed presteer onder hoë- en lae potensiaal toestande. Die produk is sterk meerkoppig en lewer genoegsame produktiewe spruite. Dit aard op die meeste grondtipes, maar veral in bogronde wat meer as 18% klei bevat. Die beste plantdatum is begin November tot 20 Desember by plantpopulasies wat wissel van 23 000 plante/ha tot 28 000 plante/ha. Dit geld by enige rykonfigurasie (0.91 tot 1.5 m rye).
Agronomie van P2849WPW
Kopvorming by P2849WPW is baie gelykvormig met ‘n meerkoppigheidsindeks van 2.08 koppe per plant. Die tweede kop dra baie by tot die uitnemende opbrengspotensiaal van die kultivar. Saailinggroeikrag is aanvaarbaar wat tot vinnige en eenvormige opkoms lei. Kopplasings is ‘n sterkpunt (54%) van die planthoogte. Dit dui op ‘n kultivar wat sterk staanvermoë het, en maklik stroopbaar is. Indien spruite voorkom is nagenoeg 39% daarvan produktief. Dit is ‘n verdere bewys van P2849WPW se inherende genetiese dryf om graan te produseer wat die winsgrens positief beïnvloed.
Bykomende nuwe produkte in die Pioneer stal is P2851WR en P2863WR. Dit is beide produkte met slegs Roundup gereedheid as tegnologie en kan gevolglik as toevlugskultivars of selfs net so met groot sukses komersieël verbou word.
Vir meer inligting oor Pioneer se PowerCore™ tegnologie en mieliebasters, gaan na www.pioneer.com/za of stuur ‘n e-pos na info.rsa@pioneer.com