Oosterlike Ile de France 17de jaarlikse veiling

oosterlik 1
Duurste ram: Erik Heymans, BKB Bemarker, Rigina Harmese van RCH IDF (verkoper) Erenst Woest van Gatsak IDF (Koper) en Jan Mostert van BKB (Afslaer).
Die Oosterlike IDF Klub het Saterdag die 17de September 2022 die klub se 17de veiling gehou. Die veiling het plaasgevind by die Hoëveld Veilingskompleks net buite Standerton. Die IDF diere wat aangebied is, was van uiterste hoë gehalte en dit was gesien aan die pryse wat behaal was.
Duurste ram:
Lot 52 – RC21049 van RCH Ile de France stoet (Regina Harmse) is verkoop aan Gatsak Ile de France stoet (Ernest Woest) van Rayton en Harlin Ile de France stoet (Harry Meyer) van Witbank vir R 50 000.00
Lot 61 – Lot 61 van Harry Meyer van Harlin Ile de France stoet is verkoop vir R 45 000.00
Duurste ooi:
Die besonderste ooi van Regina Harmse van RCH Ile de France Stoet is verkoop aan Ovis Ile de France stoet van Markus Botes Krugersdorp vir R 12 000.00. Markus Botes is ‘n belowende jong teler in die genootskap en die klub en die passie het gewys tydens die veiling.

Duurste twee groepe kommersiële ooitjies -11 maande oud – R7500/ooi.
Gemiddeld op kommersiële ooie R6600.
Harry Meyer die president van die klub het namens die klub elke koper bedank vir die ondersteuning en sien almal volgende jaar by die klub veiling.
Die veiling is aangebied deur BKB en die afslaer was Jan Mostert en bygestaan deur die Standerton/Ermelo personeel.
Agri4all.com en ProAgriMedia wil graag die Oosterlike Ile de France klub bedank dat ons deel kon wees van die uitstekende veiling en sien julle in 2023.
Vir jou veiling bemarking kontak Tiny Smith – 082-698-3353 of tiny@proagri.co.za