Onkruidbeheer, voorkomend, chemies vry – die permanente oplossing

agri-freq
Almal besef die nadele van chemiese middels soos onkruid, swam, insekdoders en kunsmis op die grond, maar sonder ‘n doeltreffende alternatief bly die boer aangewese op giftige stowwe wat sy grond en die natuur benadeel en boonop hou die pryse aan met styg.
Agri Frequencies bied ‘n doeltreffende alternatief met pryse wat steeds vir die laaste 6 jaar konstant gehou word, en sluit nou ook onkruidbeheer in.
Onkruid, insekte, plaagdiere, aalwurm, swamme en grondvrugbaarheid asook bosluise en parasiete en indringerplante word als chemies vry aangespreek met frekwensies en word spesie spesifiek toegepas om die nie-skadelike insekte te beskerm, omdat hul ander insekte beheer en bestuiwing bevorder.
Dis reg, Agri Frequencies kan nou die volle spektrum voorkomend beheer teen besondere lae koste en die resultate is meetbaar.
Selfs waterkwaliteit kan vehoog word en rypbestandheid kan verkry word.
Baie boere sê dit klink te goed om waar te wees maar ons langstaande kliënte wat reeds die diens vir soveel as 6 jaar gebruik weet hul het ‘n geheim ontdek vir ‘n ekonomies volhoubare boerdery.
Mens moet meet om te weet en elke faset van die frekwensies is meetbaar, plante se groeistimulase word met plantsap analises gemeet, insekte met tellings, en ander fasette met produksie.
Die proses is baie suskesvol, baie omgewingsvriendelik en gebruikersvriendelik. Die goeie nuus is dit verg geen kapitale uitleg nie. Die diens word op die plaas / area gelewer deur frekwensies en dit kan ook op die plaas gemeet word sodra die diens aangeskakel is. Jy kan ook ‘n besparing op arbeid en toedieningskoste hê. Die diens bly 24/7 aan om top resultate te bewerkstelling.
Hoe dit werk:
Op die kleinste vlak vibreer alles in die heelal (kwantum vlak) en elke organisme het sy eie unieke frekwensie, en deur hierdie frekwensie te manupileer kan die oranisme gemanupileer word, indien die organisme sy eie uitfase-frekwensie teekom word die energie uitgekanselleer en gaan die organisme dood, groter organismes verlaat die area en kom nie weer terug nie.
Daar is iets vir elke boerdery faset
Vir die vrugteboer – beter insektebheer, plaagdierbeheer, swam- en aalwurmbeheer, grond en water absorpsie verbetering, vehoogde suikers, opbrengs en vruggehalte, en groot besparings op chemiese plaag en onkruidbeheer asook bemestingstowwe en die toediening daarvan. Lastige diere soos ape en bobbejane, varke ens word verban. Sonder gif kom die onddiere en bestuiwers na vore om insekbeheer verder te bevorder.
Vir die Saaiboer – groot besparings op chemiese insek en onkruiddodders sowel as bemestingstowwe Alles is meetbaar en plantsap analises wys die voordeel van frekwensies. Plaadiere soos ape, ystervarke en selfs voëls word verwilder.
Bees-, wild- en perdeboere kry bosluisbeheer, siekte en indringerplantbeheer en daarby word vlieë muggies en muskiete voorkomend beheer. Plaagdiere soos jakkalse en ape word verjaag.
Brakwater kan doeltreffend benutbaar word en alge in die damme kan gestop word.
Besproeiingsboere kan beter waterkwaliteit verkry en groot besparings op insek, swam, en onkruiddoders kry, met beter kwaliteit en opbrengs. Plaagdierbeheer, ook gifvrye produkte om aan Global Gap te voldoen is deel van die voordele.
Beter waterkwaliteit wat produksie verhoog deur beter absorpsie en met algebeheer, sowel as die skoonmaak van besproeiingspype.
Kontak Jan du Plessis by 082-429-4055 of info@agrifrequencies.com, www.agrifrequencies.com