Ocmis maak lekker voer vir die winter
“Dit is regtig partykeer net te koud vir my en my manne om die pype te gaan skuif en dan stuur ek die Ocmis in,” vertel Willem. Een man en ’n trekker is genoeg om die Ocmis by enige koppelpunt op die plaas staan te maak en te laat werk.
Dit is die tweede winter wat die Ocmis, wat deur Irrigation Unlimited verskaf word, sy deel op die melkplaas doen en Willem het nou al die dinge so fyn uitgewerk dat hy sy voerproduksie aansienlik kon verhoog. Hy sê hy kan so amper drie oeste in een jaar van dieselfde land afhaal.
In die somer het hy twee keer mielies geplant en gekuil en toe hawer vir die winter gevestig. Nou, aan die einde van ’n baie koue, droë winter is sy 150 koeie in melk steeds volbekkig in produksie.
Die aanpasbaarheid van die Ocmis by sy lande wat verspreid oor ’n wye gebied lê, is vir hom ’n groot pluspunt.
Daar is tot ’n 600 meter-lange small land, wat hy nou maklik met die Ocmis besproei. Hy het net die koppelpunt reg in die middel gesit en trek eers die Ocmis se spuitkarretjie met sy 300 meter-pyp na die een kant toe en dan na die ander kant toe.
Met dié dat die spuitkarretjie elke keer in dieselfde spoor loop, vertrap jy ook nie jou weiding of voergewasse
soos met die voetverkeer wat nodig is om goukoppelpype te verskuif nie. Daarby is dit maklik om die spuit te stel dat hy elke keer net die regte hoeveelheid water in die vasgestelde tydperk neersit volgens die beskikbare
waterdruk. Die noukeurige toediening help baie om water te bespaar. Die spuit self het ook nog geen ellende gegee of gaan staan as hy moes loop nie.
“As die melkprys nou net wil saamspeel, dan kry ek vir my nog ’n Ocmis. Miskien ’n kleiner model met ’n pyp
van 200 meter vir die kleiner landjies,” sê Willem.
Praat met Tobie van den Heever bny 012-736-2121 of 082-658-6054 of tobie@iunlimited.co.za of besoek meee inligting oor hulle hele reeks besproeiingstoerusting.