Categories: NewsPublished On: 14th February 2018

Obaro Leerlingbestuurdersprogram 2018 skop af

By 1 min read
261 words
Obaro

Obaro Leerlingskap 2018

Die Obaro Leerlingbestuurders vir 2018 - Gerhard Oosthuizen, Luan de Bruyn, Lize-Marie Botha, PG van der Walt, Werner Coetzee en Christian Byleveld.

Die Obaro Leerlingbestuurdersprogram vir 2018 het onlangs afgeskop met ses ywerige leerders wat alles van die bedrywighede rondom die bestuur van ‘n kleinhandel landboumaatskappy wys wil raak.

Dit is die sesde jaar wat Obaro die Leerlingbestuurdersprogram aanbied en die program gaan jaarliks van krag tot krag. Om die betrokkenheid van jeug in landbou te bevorder is vir Obaro van kardinale belang en die sukses van hierdie program is duidelik sigbaar in die beduidende gedeelte van Obaro se bestuurskomponent wat vanuit hierdie program opgelewer is.

“Ons is opgewonde oor die nuwe leerlingbestuurders wat by ons aansluit en glo dat hulle ‘n blink toekoms vir hulself in landbou sal uitkerf. Landbou bied legio geleenthede vir toetreders tot die arbeidsmark en dit is vir Obaro ‘n voorreg om deur middel van die Leerlingbestuurdersprogram die betrokkenheid van jeug in landou te bevorder,” sê Nic Bronkhorst, besturende direkteur van die Obaro-groep.

Vanjaar se kandidate kry die geleentheid om vir ‘n jaar by Obaro se handelswinkels te werk waar hulle eerstehandse ervaring kry oor wat dit verg om ‘n kleinhandel landboumaatskappy te laat werk. Die leerlinge skakel in by die volgende Obaro-winkels: Marble Hall, Dwaalboom, Wonderboom, Middelburg, Brits en Rustenburg.

Elkeen van die leerlinge het ’n ervare besigheidsbestuurder wat hulle as mentors ondersteun om toe te sien dat hulle met die maksimum vaardighede en kennis toegerus word. Kandidate wat die program suksesvol voltooi ontvang ‘n kwalifikasie (NQF5) in Algemene Bestuur. Hierdie program bied waardevolle kennis in die landboubedryf, verseker werksondervinding, gee ‘n voorsprong in die arbeidsmark en bied praktiese toepassing van klaskamer kennis in die werksomgewing.

Bron: Obaro

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: NuusPublished On: 14th February 2018

Go to Top