Nuwe plan om oorgrensdiefstal van ongeregistreerde voertuie te bekamp
SAMAR, die Suid-Afrikaanse Register van Beweegbare Bates, het tydens NAMPO ‘n plan bekend gestel om bedrog met betrekking tot bates wat oor die Suid-Afrikaanse grense heen beweeg, te verminder. Dit gaan veral oor voertuie soos grondverskuiwingsmasjinerie wat tans nie deel is van die staat se eNaTIS-stelsel nie, omdat die voertuie nie padwaardig is nie.
Die verwydering van die beskerming wat deur eNaTIS aan kapitaaltoerusting verskaf word, het ‘n ernstige invloed op die bedryf gehad. Toerusting daag by die grens op en dan is daar dikwels niks wat verhoed dat duur bates oor die grens geneem word sonder die eienaar se toestemming nie. Trouens, daar is ‘n beraamde waarde van byna R40 miljard in beweegbare bates wat geen rekord het nie.
Die meeste opsporingstelsels wat vandag beskikbaar is, kan verwyder of weggesteek word en in meeste gevalle is die oorblyfsels van die opsporingmeganismes al wat die polisie vind by die laaste bekende plek waar die bate was. Dikwels word eers agtergekom daar was diefstal nadat die bates die land reeds verlaat het.
Hierdie duur masjinerie het ‘n stelsel nodig wat die eienaars, finansiers en die versekeringsmaatskappye kan beskerm vanaf die ingangspunt tot en met die uitgangspunt, en dit is wat SAMAR kan bied. Hierdie inisiatief verskaf aan die bedryf rekords van al daardie bates wat nie wetlik op eNaTIS geregistreer kan word nie. Enige kapitale toerusting kan nou bestuur en beheer word deur ‘n stelsel te gebruik wat spesifiek ontwerp is vir die uitdagings van Afrika.
Kyle Dutton, projekbestuurder by SAMAR, sê: “Vir die meeste polisiebeamptes by grensposte is een van die grootste uitdagings die gebrek aan ‘n stelsel wat hulle kan gebruik om bates stelselmatig na te gaan wanneer hulle by die grens aankom; ‘n stelsel wat kan bepaal of die voertuig in die regte rigting gaan, in die hande van die regte mense is en of dit na ‘n wettige bestemming onderweg is. Daar is al lank ‘n behoefte aan ‘n betroubare rekord wat in werklike tyd gemonitor kan word.”
Grensamptenare en die Suid-Afrikaande Polisiediens sal nou maklik toegang tot die SAMAR-register hê en sal daarvan gebruik kan maak om die eiendom en die eienaar daarvan te kan identifiseer, sodat amptenare meer beheer oor batebeweging het. Dit is ‘n akkurate, werklike oplossing wat aan die regte mense inligting verskaf wat hulle benodig. Die oplossing is ontwerp om die hele eienaarskaplewensiklus van ‘n bate te dek, sodat die name van beide die titelhouer en eienaar in reële tyd gehandhaaf en opgedateer word. Dit bied ‘n registrasiesertifikaat wat ooreenstem met dié wat deur eNaTIS uitgereik word.
Vir meer inligting oor die registrasie van jou geel masjiene, besoek gerus www.samar.co.za.
Bron: Purple Word Box