Nuwe nagraadse diploma vir landboukundiges by US

graduandi hoed
‘n Nuwe nagraadse diploma in landbou kan by die Universiteit van Stellenbosch gevolg word vir die wat hulle kennis wil verbreed oor gewasproduksie en kunsmisbestuur. Dit is vanaf 2017 by die Universiteit beskikbaar. Dit bied veral in-diepte opleiding aan mense wat naskoolse opleiding by ‘n kollege of technikon gehad het.
Dit is deur kenners by die Universiteit van Stellenbosch ontwikkel. Dr PJ Pieterse is die kursuskoördineerder van die Departement van Landbou en hy beantwoord ‘n paar vrae oor hierdie nuwe diploma.
Hoekom is die diploma-program gestig?
“Daar was ‘n behoefte van mense wat ‘n paar jaar in die bedryf werk om hulle kennis te verbreed oor die nuutste ontwikkelinge en navorsing. Die ontwikkeling van die kursus is afkomstig van versoeke vanuit die bedryf vir verdere gevorderde en uitgebreide ondersteuning vir mense met ‘n kwalifikasie in landbou, maar wat nie noodwendig ‘n BscAgric-graad het nie.”
Is die kursus voltyds of deeltyds?
“Die kursus kan voltyds oor ‘n tydperk van een jaar gedoen word of deeltyds oor ‘n tydperk van twee jaar. Dit is veral vir mense wat alreeds werk.”
Uit watter beroepe sou voornemende studente kom?
“Van ons voornemende studente werk in die saad- en kunsmis-bedryf, terwyl ander betrokke is by chemiese gewasbeskerming.”
Watter agtergrond moet studente hê wat wil inskryf vir die kursus?
“Dit is gemik op mense in die bedryf of onlangse gegradueerdes wat alreeds ‘n agtergrond in landbou het veral by kolleges en technikons. Hulle het nie ‘n BscAgric graad nie, maar ‘n BSc-graad of Btech-graad.”
Watter kwalifikasie moet die persoon he om toegelaat te word tot die kursus?
“Enige drie jaar-graad met landbou as hulle finalejaarmodules. Hulle moet ook ‘n minimum punt van 60% vir hierdie vak hê. Dit is nie vir mense wat alreeds ‘n BscAgric-graad het nie en is nie regtig verdere studies op ‘n meestersvlak nie.”
Watter spesialisvelde in landbou word gedek gedurende die kursus?
“Rakende weidingsbestuur- sowel verbou en natuurlike veld word bestudeer. Daar sal ook ‘n fokus op koelweergewasse, alternatiewe gewasse, onkruidbestuur, hidroponiese verbouingstelsels en die beste manier om wisselbou doen, onder andere. Nog ‘n gebied van fokus is voeding vir groentegewasse wat intensief en op groot skaal verbou word. ”
Watter modules word behandel?
“Modules word aan die hand van praktiese opdragte, geskrewe opdragte, toetse en skriftelike eksamens in Junie en November bepaal. Studente moet voorbereid wees op die volgende modules:
- Gewasse vir ekstensiewe produksiestelsels
- Die fisiologiese en ekologiese beginsels van weidingsbestuur
- onkruidbestuur
- Produk fisiologie en tegnologie geskik vir jaarlikse akkerbou
- Intensiewe gewasproduksiestelsels
Hoe kan studente hulle nuwe kennis in die werkplek toepas?
“Die uitgebreide kennis wat hulle sal verkry sal deelnemers in staat stel om optimaal probleme wat in enige van die bogenoemde spesialisvelde ontstaan te bestuur.
Hulle sal byvoorbeeld in staat wees om voedingsprogramme te stel vir hidroponies gekweekte gewasse, onkruidbestuursprogramme kan opstel en wisselbou vir verskillende omgewings ontwikkel.”
Aansoeke sluit op 14 September. Vir meer navrae oor die kursus, kontak dr Pieterse by pjp@sun.ac.za of 021 808 4805 of Rahkeenah Peters by rosman@sun.ac.za of 021 808 4803.
Bron: Bizcommunity