Nuttige werktuie beïndruk boere by Val Boeredag
Die gewilde Val Boeredag bars uit sy nate: 19 verskaffers van landboumeganisasie het vanjaar met 51 trekkers, 51 werktuie, 4 hoogloopspuite en verskeie grondverskuiwingsmasjiene weer daarin geslaag om ’n skouspelagtige Val Boeredag moontlik te maak. Boonop was daar ook 168 stalletjies, heelwat vee- en damesuitstallings en ’n paar musikante om die dag sinvol en smaakvol af te rond.
Vanjaar se Boeredag is die 23ste wat deur Waterval Boerevereniging aangebied is. Die vereniging is in 1998 gestig met die samesmelting van die Roodebank- en Val Boereverenigings. “Val is die grootste boeredag in die land,” sê Hardus Smith, voorsitter van die Waterval Boerevereniging, “en ons is baie geseënd met die besoekersgetalle. Die uitstallers en demonstrasies groei elke jaar. Vanjaar was daar sowat 3 200 besoekers. Ek wil graag ons hoofborge, AFGRI, Dekalb, Pioneer, PANNAR en Link Seed bedank vir hulle reuse bydrae.”
ProAgri was natuurlik daar om oor die nuwe en ou, maar steeds indrukwekkende, werktuie en trekkers verslag te doen: